GEMSBOK-UPINGTON: Die departement van onderwys het die afgelope week die ouers van twee laerskole op Upington herverseker dat alle maatreëls gevolg word, in die verwydering van die asbesgeboue waaruit die skole voorheen bestaan het.
Dit volg nadat ouers en gemeenskapsleiers verlede week in opstand gekom het, toe hulle deur ‘onbekende rolspelers’ op hol gejaag is, want die ou asbesstrukture by die skole word glo sonder die nodige veiligheidsmaatreëls verwyder. Sosiale-media inskrywings het vertel hoe die Franciscus Primêre skool, net langs Intermediêre Skole Orange Oewer, in aanbou is.
Die ou skole is albei gebou met asbes materiaal en sommige gemeenskapslede het beweer dat die ou gebou gesloop word sonder behoorlike beplanning.
Ten spyte van ‘n vergadering, wat die departement van onderwys met lede van die gemeenskap - in reaksie op die voorval- ingestel het, is daar steeds diegene wat sosiale media gebruik om inwoners op te sweep.
Hulle beweer die kontrakteurs en werknemers dra veiligheidstoerusting, maar dat dit nie die onmiddelike omgewing rondom die skool beskerm nie.
Geoffrey van der Merwe, woordvoerder van die departement het verlede week aan die Gemsbok gesê dat die protes van die ouers uit misverstande en wanpersepsies gevoed is.
Hy het die Gemsbok verseker dat alle wetlike prosedures met die projek gevolg is.
“Julle sal sien die projek is in dele opgebreek, om te verseker dat alle stappe gevolg word en alle veilligheidsmaatreëls inplek is om die ou skoolgebou te verwyder.”
Hy het die Gemsbok verseker dat die kontrakteurs wie die asbes verwyer, nie net opgelei is om dit op die regte manier te verwyder nie, maar dat hulle geregistreerd is vir die spesialis taak.
“Sover die departement se kennis strek, het geen kind, ouers of personeellig van enige van die skole nog siek geraak met enige simptome of diagnoses wat asbes-verwante siektes behels nie” het hy gesê.
Die twee skole is in 2022, saam met die Hoërskool Carlton van Heerden, geïdentifiseer, om totaal herbou te word. Dit is deel van die bykans R40 biljoen begroting wat die departement in 2022 uitgesit het om asbes in skole in die provinsie te verwyder.
Die nuwe Franciscus Intermediêre Skool sal gebou word teen ‘n beraamde koste van R100miljoen en ons beoog om ten minste 100 plaaslike werksgeleenthede hierdeur te skep.
Die skool sal 1500 leerders akkommodeer en sal oor die volgende fasiliteite beskik:
-3 Vroeë Ontwikkelings Sentrums
-35 Klaskamers
-2 Wetenskap Laboratoriums
-2 Rekenaar Lokale
-1 Media Sentrum
-1 Groot Administrasie Blok
-Voedings sentrum
-Skool Saal en
-Sportfasiliteite
Die nuwe Oranje-Oewer Intermediêre Skool sal gebou word teen ‘n beraamde koste van R130miljoen en ons beoog om ten minste 110 plaaslike werksgeleenthede hierdeur te skep. Die skool sal ‘n vlak 4 skool wees (4 klaskamers per graad) en sal oor die volgende fasiliteite beskik:
-6 Vroeë Ontwikkelings Sentrums
-28 Klaskamers
-2 groot ablusie fasiliteite
-3 Wetenskap Laboratoriums
-1 Rekenaar Lokaal
-1 Media Sentrum
-1 Groot Administrasie Blok
-Voedings sentrum
-Skool Saal en
-Sportfasiliteite
Volgens ingeligtes op die perseel by Franciscus is alle aksies is geneem soos ooreengekom tydens die vergadering verlede week. Die Departement van Omgewingsake en Departement van Indiensneming en Arbeid was ter plaatse en hulle is tevrede met die dokumentasie wat nagegaan is.
Dit is onseker of die opstokery uit ‘n misverstand, oningeligtheid of met alternatiewe motiveringe gedoen is, maar die departement nooi enige bekommerde ouer om met hulle te skakel indien daar enige verdere onsekerheid oor die veiligheid van die skool en gemeenskap is.