GEMSBOK-UPINGTON: Michael Segede, het tydens ‘n raadsvergadering, as burgemeester van Dawid Kruiper Munisipaliteit uit sy pos bedank en afskeid geneem van Upington en sy mense.
Die burgemeester het die mense van die Dawid Kruiper munisipale area bedank, dat hulle hom die voorreg gegee het om hulle te bedien.
Mnr Segede het vanaf 2009 vir 15 jaar in die munisipale raad gedien.
Hy het as wyks-komiteelid begin, daarna word hy wyksraads-lid vir Wyk 7.
Daarna het hy ‘n Dagbestuurslid geword, toe die Speaker van die munisipaliteit.
Hy word toe later die Uitvoerende Burgemeester van die munisipaliteit. Segede is, na afloop van baie krontroversie in die provinsie en die DKM munisipaliteit, verskuif na die parlement, met David Kazi, wat hom nou as burgemeester opvolg.
Dawid Kazi is vroeër verlede week as die nuwe Uitvoerende Burgemeester van die Dawid Kruiper-munisipaliteit ingehuldig.
Volgens Dawid Kruiper Munisipa-liteit bring, mnr Kazi, “‘n magdom ervaring saam met hom. Hy was voorheen in diens van die Dawid Kruiper-munisipaliteit en het toe as die streeksekretaris van die African National Congress gedien.
Hy het ‘n post matriek-kwalifikasie in Publieke Administrasie.
In sy aanvaardingstoespraak het mnr Kazi hom daartoe verbind om te fokus op die verbetering van dienslewering aan die mense.
Hy het ook ‘n verbintenis gemaak om aandag te gee aan die moraal van die werkers om sodoende beter dienslewering te verseker.