GEMSBOK-UPINGTON: Ingeligtes meen Dawid Kruiper-munisipaliteit moet dringend ‘n operasionele plan implementeer om waterlekkasies en -verliese aan te spreek, en waterbestuur te verbeter, voordat ongedefinieerde en oop waterbeperkings op Upington-inwoners ingestel word.
Sommige raadslede het teen die waterbeperkings wat in ‘n spesiale raadsvergadering ter tafel gelê is, gestem.
“Dit is nie omdat ons gekant is teen waterbeperkings nie, maar eerder die munisipaliteit se poging om die blaam vir die watertekorte op inwoners te pak, terwyl ons geen inisiatief neem om groot munisipale wateronderbrekings aan te spreek nie.” sê raadslid Henk Opperman.
Dawid Kruiper verloor tans ongeveer 50% van drinkbare water weens lekkasies, benewens sy uiters lae reservoirkapasiteit weens jare se verwaarlosing en gebrek aan onderhoud.
Die munisipaliteit het ook nasionale watergebruiksnorme aanvaar vir plekke met ‘n gemiddelde temperatuur van slegs 28 grade Celsius.
Gegewe Dawid Kruiper se semi-woestyn en uiterste hitte toestande, is verlies aan water as gevolg van verdamping baie groter, en mense en diere benodig baie meer water.
“Ons stem dus nie saam dat hierdie norme gepas is vir die Upington-omgewing nie.”
Raadslede het ‘n lys eise aan die res van die raad voorgelê wat hulle vas glo geïmplementeer moet word saam met die instelling van waterbeperkings.
Hierdie eise sluit die volgende in:
1. Installasie van watermeters vir almal;
2. Vervanging van stukkende watermeters en heraansluiting van verbygaande watermeters;
3. Die ontwikkeling van Standaard Bedryfs-prosedures vir die herstel van stukkende pype en lekkasies, insluitend dat werkers binne 30 minute na die voorval aangemeld moet wees op die terrein; 4. Die verkryging van munisipale watertrokke, soos voorheen begroot, om huurkoste te verlaag en diensle-wering te verbeter;
5. Verandering van die watergebruiknorme om die langdurige hoë temperature te akkommodeer;
6. Implementering van maatreëls om inwoners in staat te stel om hul tuine binne redelikheid aan die lewe te hou om Upington steeds as die “Groen Kalahari” te kan bemark;
7. Herstel van pyp-leidings vanaf rioolwerke sodat herwinde water na begraafplase, skoolvelde en parke gelei kan word om drinkbare water te bewaar.
Bogenoemde maatreëls plaas die onus om Dawid Kruiper se beperkte skoon watervoorsiening te bestuur op die munisipaliteit, in teenstelling met om inwoners alleen hierdie las te laat dra.
Hulle sal ook baie gaan om die waterkrisis wat tans in Dawid Kruiper ervaar word, aan te spreek.
Benewens die aandrang vir bogenoemde, sal ‘n intense toesig-projek in die Upington-omgewing begin om lekkasies en huishoudings wat watermeters benodig te identifiseer.