Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Die Dawid Kruiper Munisipaliteit het die afgelope week  inwoners op hulle Facebookblad “formeel” ingelig   dat daar ‘n waterverbruik-uitdaging is. 
Die aanvraag het die afgelope 2-jaar erg toegeneem, weens die uitbreiding van dorpe en die infrastruktuur wat onder druk is.
Alle woongebiede word geraak weens die erge hitte asook toenemende aanvraag.
DKM vereis dat alle inwoners saam werk en “nakoming gee aan die goedgekeurde waterverbruik verminderings strategie. As ons nie vordering maak om te verseker dat verbruik verminder word nie, sal water onderbrekings meer gereeld, ernstig word en meer gebiede sal op ‘n voltydse basis geraak word!”


DKM sê hy het ‘n volledige waterstelsel-ontleding deur onafhanklike konsultant firmas voltooi, wat huidige en toekomstige water aanvrae verifieer, asook prioriteits projekte, waterbesparing en aanvraag-bestuur-strategie-implementering en sakeplanne daarstel.
 Spesifieke groot kapitaalprojekte en kleiner waterprojekte sal in lyn gebring word met alle munisipale toelae. Talle grootmaat wateropgraderings is reeds onderskeidelik in die beplannings- en implementeringsfase en verdere befondsingsgoedkeurings word gewag.
“Daar is gevind dat die verbruikspatrone buitengewoon hoog is – ver bo die ‘Nasionale Norme en Standaarde’, ongeag die hitte toestande en plantegroei in die semi-woestyn gebied.”
 Die onttrekking uit die Oranjerivier, Besproeiingskanale en die Kalahari-Oos Pyplyn het ook toegelate gebruiks beperkings, wat beheer moet word en nie voortdurend verhoog kan word nie, veral in-ag-genome die hoë verbruikspatrone. Die waterbesparing- en aanvraagbestuur strategie is tans in implementerings fase - as ‘n voorvereiste om nie goedkeuring van grootmaat opgraderings befondsing te belemmer nie en te verseker dat die beskikbare water alle inwoners bereik. 
Dit sluit grootmaat-uitrol van wateraansluitingoudits, grootmaat/residensiële metering, verwydering van ongemagtigde konneksies/ meters, insluitend die oplegging van boetes en vaste tariewe waar van toepassing. 
Inwoners sal op ‘n weeklikse basis ingelig word watter areas aangespreek sal word.
“DKM verstaan dat water ‘n basiese mense reg is, maar ons as die munisipaliteit en inwoners moet gesamentlike verantwoordelikheid neem - om te verseker dat ons die beskikbare water spaarsamig gebruik. Ons versoek inwoners om pogings in hul huise aan te wend om water verbruik te verminder met die oog daarop dat die verouderende infrastruktuur onder erge druk is en talle gebiede reeds daag-likse toevoer onderbrekings ervaar. Die verbruik is tans dubbel die Nasionale Norme en Standaarde, ongeag die hitte toestande.
 Sosiale media reaksie op hierdie plasing het vrae soos “Hoe kan julle die verbruiker straf met hoër tariewe, as daar duidelik in julle skrywe staan dat die aanvraag toegeneem het, maar julle tot op hede geen poging kan bewys van opgraderings die laaste 2 jaar nie?” en “Op grond van watter studie word daar bepaal wat die gemiddelde water verbruik in ‘n semi-woestyn is?”.
Ander vrae sluit in “Was dit nie maar julle plan van dag een af om die verbruiker te melk vir water, ‘n mensereg? Hoeveel huise in Upington se watermeters is uitgehaal, deur DKM, en gelas sonder enige manier van meting, omdat julle nie voorraad het van watermeters nie?”