Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *


GEMSBOK-UPINGTON: Rolspelers samel tans handtekeninge in vir ‘n petisie om Dawid Kruiper-munisipaliteit se ou burgersentrum weer in werking te stel.
Die sentrum, geleë in Progress, was eens die grootste munisipale diensleweringsterrein in Dawid Kruiper, wat die breër Upington-gemeenskap bedien het.  Dit het twaalf jaar gelede gesluit, wat aansienlike ontwrigtings in toegang tot diens-te tot gevolg gehad het, wat groot ongerief veroorsaak het vir inwoners wat vroeër hul rekeninge kon betaal en elektrisiteit by die fasiliteit kon koop.
Inwoners moes se-dertdien hul pad na die munisipale gebou in die dorp maak, wat lang toue skep terwyl die burgersentrum nie net ongebruik staan ​​nie, maar ook al hoe meer verval en die prooi van misdadigers word. 
Die lugversorgers is gesteel, asook die twee klein ingangshekke en plaveisel, onder meer. 

Read more …Petisie vir heropening van Upington Burgersentrum

GEMSBOK-MOTHIBISTAD: ’n Video wat wys hoe ‘n, oënskynlik dronk - Noord-Kaapse polisiekonstabel steier en langs die pad val, het die afgelope week soos ‘n veldbrand op sosiale media versprei.
Lt Kol Mashay Gamieldien, provinsiale polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê ‘n dienskonstabel verbonde aan die Mothibistad-polisiestasie is die naweek deur sy kollegas aangekeer omdat hy na bewering ‘n staats-voertuig bestuur het terwyl hy onder die invloed van drank was.
Gamieldien het gesê die konstabel het reeds voor die Mothibistad-landdroshof verskyn - op aanklag van dronkbestuur, nalatige en roekelose bestuur en vir die gebruik van ‘n staatsvoertuig sonder die eienaar se toestemming veren is tans uit op borgtog.

Read more …Video van ‘dronk’ Mothibistad polisieman maak opskudding

 GEMSBOK-POSTMASBURG:   In ‘n ontstellende ontwikkeling, minder as 72 uur ná ‘n soortgelyke ongeluk by ‘n spooroorgang  in Mpumalanga, waar ‘n Transnet-trein met ‘n skoolbus gebots het, het nog ‘n ernstige voorval by die Tsantsabane- en Groenwater-spooroorgang, net buite Postmasburg in die Noord-Kaap, plaasgevind. 
(Ses leerders van 16 tot 18 jaar oud is dood en tien ander ernstig beseer in die ongeluk by Mpumalanga).
 Dié tragiese gebeurtenis, wat op 4 Augustus omstreeks 14:00 plaasgevind het, het tot vier sterftes en twee kritieke beserings gelei. 
Die slagoffers was insittendes van ‘n bakkie wat met ‘n Transnet Freight Rail-trein gebots het.

Read more …Vier sterf toe bakkie en trein bots

GEMSBOK-SPRINGBOK: Die Springbok-polisie het, met die arre-stasie van vier verdagtes en die beslaglegging op onwettige middels ter waarde van meer as R181 000 in Nababeep, aansienlike vordering gemaak in die stryd teen dwelms.
Volgens die Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Sergio Kock, het lede van die Springbok SAPD Openbare Orde Polisie, B-Platoon, klopjagte op vermeende dwelmhuise in Nababeep uitgevoer.
Kock het gesê die operasie het op 25 Julie omstreeks 20:40 plaasgevind.

Read more … Vier met dwelms ter waarde van meer as R180 000 betrap

GEMSBOK-KLEINZEE: Die polisie bly daartoe verbind om met alle relevante belanghebbendes saam te werk om die uitdagings van onwettige mynbou in die Noord-Kaap aan te spreek.
Die multidissiplinêre spanne bestaande uit die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW), die Departement van Binnelandse Sake Immigrasiedienste, Springbok K9 en Port Nolloth Misdaadvoorkomingseenhede sowel as Provinsiale Verkeersbeamptes, het 22  verdagtes vir onwettige mynbou gearresteer en oortreding van die Immigrasiewet tydens bedrywighede wat op Donderdag, 25 Julie 2024 begin het.
Die span in die Na-makwa-distrik het 15 (vyftien) ongedokumenteerde immigrante tydens voertuigkontrolepunte (VCP’s) by die Port Nolloth/Kleinzee-kruising en Bontakoe informele nedersetting aangehou.
Die span het ook verkeersboetes vir verskeie verkeersoortredings uitgereik. Die verdagtes word aangehou om deur die amptenare van die departement van binnelandse sake se immigrasiedienste verwerk en geverifieer te word voordat hulle formeel aangekla en aan die hof voorgelê word vir deportasie. Daar is tydens bedrywighede beslag gelê op talle mynimplemente wat vermoedelik gebruik word in die pleging van onwettige mynmisdrywe.

More Articles …