Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

School News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-LOUISVALE: Langs die oewer van die Oranjerivier net buite Upington het leerders en opvoeders in hul tradisionele klere na die skool gekom om betekenis te gee aan Afrikadag.
Mnr. Wally Cloete, prinsipaal, het die leiding geneem en opvoeders tydens die samekoms die belangrikheid van Afrikadag voorgehou en dat almal hul verskillende kulture moet uitleef.

 
“Afrikadag, wat jaarliks op 25 Mei gevier word, herdenk die stigting van die Organisasie vir Afrika-eenheid (OAE) in 1963. Die OAE het later in die Afrika-unie (AU) ontwikkel.
 Dit is ‘n dag om      Afrika-eenheid te vier, die suksesse in die stryd teen kolonialisme en apartheid, en die vordering wat Afrika gemaak het terwyl hy die voortdurende uitdagings erken.”
Die dag is afgesluit met ‘n lekker bees pot en gekookte brood.