GEMSBOK-LOUISVALE: Honderd jaar gelede het ouers in die Louisvale-omgewing ‘n skool begin bou op grond wat wyle mnr. Frank Biggs aan die gemeenskap geskenk het.
Op 31 Maart 1925 is ‘n ongebruikte gebou beskikbaar gestel en die eer-ste skoolkomitee is saamgestel.
Vandag, net meer as 100 jaar later, het die skool, onder leiding van die prinsipaal, mnr. Wally Cloete, die groot mylpaal gevier.
Tydens die vieringe, het mnr. PJ Mettler die gaste, ouers en leerders meer vertel van die geskiedenis van die skool.
Skoolhoofde van die laaste 100 jaar was wyle mnr. John May, CA Talliard, Nicolaas Zwart en Attie (AJ) van Wyk, wat die skool vanaf 1946 tot 1981 gedien het.
In 1981 neem sy seun, mnr. T A van die leisels oor. Daarna volg mnr H J Peterson, mev. A M Saal en daarna mnr Wally Cloete. Soos al die vorige hoofde, dra meneer Cloete en sy span en die Skoolbeheerliggaam, die kinders en onderwysers se be-lange op hul harte.
Die gemeenskap het nog al die jare die skool gesteun in hul verskeie projekte. Die volgende projek is om die sportgronde te ontwikkel wat reeds voorberei en omhein is.
Gedurende die jare het dié een gebou skool, gegroei tot ‘n volwaardige skool wat oor klaska-mers, personeelkamer, rekenaar lokaal, kombuis, biblioteek en skoolsaal beskik.
Die Intermediêre Skool Frank Biggs het 27 opvoeders en drie nie KS opvoeders. Hul leerdertal is 976 en is vanaf Graad R tot 8. Ons leerders kry in die oggend pap vanaf Tigerbrands en Karoshoek Solar 1 en pouse ‘n maaltyd as deel van die Nazionale Skole Voedingsprogram (NSNP). Die meeste leerders maak gebruik van busvervoer vanaf Raaswater en Leseding. Louis-vale se leerders stap in die oggende.
“Dis ‘n voorreg en eer om deel te wees van ons skool se 100ste bestaansjaar en ek is opgewonde en trots. Baie programme word per kwartaal beplan tot in Oktober 2025 met die debutante bal en dankseggingsdiens en R100 nootlegging waar ouers elk ‘n bydrae moet lewer.
“Ons vra ook besighede om betrokke te raak om veiligheid vir ons leerders en opvoeders te verseker in omheining, kameras en sekuriteitsdienste asook waterverkoeling. Kom ons vat hande saam en *Ons Bou” soos ons leuse is, het mnr. Cloete gesê.