Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

School News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

UPINGTON: Education Platform het onlangs hulle jaarafsluiting  hier in die ZFM distrik gehou. Hulle het ook van hierdie geleentheid gebruik gemaak om die skool wat oor die laaste drie jaar die beste verbetering getoon het, aangewys.
 Alhoewel nie ‘n skool of kollege is nie, verskaf Education Platform,  ‘n groot verskeidenheid van Opvoeder-, SBS-, SBL-, Leerder- en Ouer-opleidings en -ondersteuning.
Hierdie diens word verskaf deur ‘n passievolle span onderwysspesialiste, met meer as 300 honderd jaar ondervinding onder hulle 11 spanlede in onderwys, leierskap, fasilitering, leiding, ondersteuning, motivering en opleiding.
Die Education Platform program, verskaf voortdurend opvoedkundige oplossings aan leerders, opvoeders en ouers, deur effektiewe, maklik-gebruikte rekenaarsagteware, tegnologie, uitgewerkte Power Point-lesse in Wiskunde en Wetenskap, van Gr R tot Gr 12 in beide Engels en Afrikaans.


Die Karoshoek Solar One Projek in Wiskunde en Wetenskappe is deur Education Platform in 2022 begin. 
Die program strek reeds oor drie jaar  by 10 skole en is hierdie jaar uitgebrei met nog vyf  sekondêre skole.
Gedurende hierdie tydperk is assesserings elke jaar gedoen om die vordering van die opleiding aan onderwysers en resultate van leerlinge te monitor en die impak van programme te meet.
Karos Intermediêr het gedurende hierdie tyd-perk uitmuntend presteer.
Hulle het in die Grade 4 tot Graad 9 bo aan die punteleer geëindig - met ‘n gemiddelde styging van 20,45% per graad.
“Hierdie is ‘n besonderse prestasie en is ‘n duidelike weerspieëling van die implementering van al Education Platform se produkte en lesse aan onderwysers en kinders. Dit is heelwat meer as die gemiddelde styging van 16,67% deur die res van die skole. Dit dui op die groot impak wat Education Platform se teenwoordigheid maak op skole in die projek,” skryf Andre Erasmus, CEO Education Platform.
“Hartlike gelukwensing aan al die skole wat so mooi presteer het. Sien uit daarna om 2025 ‘n nog groter verskil te maak. ‘n Groot dank aan Karoshoek Solar One om die projek moontlik te maak.” sluit hy af.
Hou die Gemsbok se Facebookblad dop vir meer inligting oor Education Platform en fotos oor die gesellige jaarafsluiting.