Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Die Griekwaland-Wes tweekampspan het die geleentheid gehad om hul staal in ’n warm Oudtshoorn  by die SA Tweekamp-kampioenskappe te wys.  Die  het op 22 Maart in die hitte van Oudtshoorn plaasgevind, maar dit het nie verhoed dat atlete van regoor die land hul beste vertonings lewer nie. 
In hierdie strawwe omstandighede het Griekwaland-Wes se deelnemers hul staal gewys en met ‘n indrukwekkende medalje-oes weggestap.
Dine Joubert het ‘n goue medalje verower in die spesiale behoef-tes-kategorie en ‘n besonderse vertoning gelewer. 
Llewellyn Orffer het ‘n silwermedalje ingepalm in die seuns o.13-afdeling, terwyl Lehane Lategan ‘n bronsmedalje in die meisies o.17-afdeling huis toe geneem het.

 
Mia Groenewald het ook haar merk gemaak deur ‘n silwermedalje in dieselfde ouderdomsgroep te verower.
In die skole-afdeling het Oranje-Noord ‘n trotse bronsmedalje in die laerskool afdeling ingepalm. 
In die hoërskoolkompetisie het Duineveld sewende geëindig, terwyl Uppies die 14de plek behaal het.
Die kampioenskappe het bewys dat tweekamp in Suid-Afrika steeds op ‘n hoë vlak beoefen word, met uitstaande individuele en spanprestasies ondanks die uitdagende weerstoestande. 
Die Griekwaland-Wes-span se harde werk en deursettingsvermoë het beslis vrugte afgewerp in hierdie gesogte byeenkoms. 
Arno Opperman en sy bestuurspan kan voorwaar trots wees.
Nog fotos op bl.7