Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Die puik sokkerspan van Kakamas Sundowns het Saterdagaand die jaarlikse Wafa-Wafa-sokkertoernooi op die Dicky Jacobs-stadion voor 2 000 toeskouers gewen en daarmee weereens getoon dat hulle op dié stadium die beste span in die streek is.  Dié jaarlikse toernooi het Vrydag op Vryheidsdag afgeskop. 
Die verdedigende kampioen van die afgelope twee seisoene het van sy beste spel gelewer voor groot skares oor die afgelope twee dae se harde mededinging waaraan 16 spanne deelgeneem het. 
Sundowns het in die eindstryd met Rosedale United afgereken om maklik met 3-0 te wen. 


Leonardo Bradley-Cloete, King Slipp en Delon Pieters het die wenspan se doele aangeteken. 
Met rustyd was geen doele aangeteken maar die tekens was alreeds daar dat die besoekers die oorhand begin kry het. 
Sundowns se vaart en hul vernuftige samespel het Rosedale United ontkant gevang. 
Ná die eerste doel deur Bradley-Cloete het nog twee vinnige doele daarna gevolg wat die fut uit die tuisspan gehaal het. 
Dit het gebeur nadat Rosedale United van sy puik verdedigings-linie vervang het met sy plaasvervangers. 
Sundowns het met venynige aanvalle sy teenstanders onder geweldige druk geplaas. 
In die tweede helfte was daar net een span op die veld wat die wedstryd vanuit alle hoeke oorheers het en hulle was beslis die elftal van Sundowns.                                          Nog fotos op bl.7