GEMSBOK-UPINGTON: Die sokkerklub Hungry Lions wat 12de lê uit 16 spanne op die Motsepe Foundation-liga punte-stand het Sondag hier op die Dicky Jacobs-stadion gelykop gespeel met 1-1 teen Cape Town Spurs.
Die besoekers is 15de op die punteleer en is onder druk om die relegasie-spook in die gesig te staar. In die eerste helfte het Hungry Lions die besoekers deurgaans onder druk geplaas met hul aanvallende spel
In die 40ste minuut het Muzomuhle Khanyi die tuisspan se enigste doel aangeteken. In die tweede helfte het die humeure onder die spelers kort-kort opgevlam en die skeidsregter en grensregters moes vinnig tussen beide tree om die spelers te kalmeer.
Ná goeie aanvallende spel deur Cape Town Spur het die doelskieter Luke Baartmann sy span se gelykmakende doel behaal (1-1).
Cape Town Spurs speel aanstaande week teen Durban City in Durban en moet hierdie wedstryd met vyf doele teenoor nul wen om nie gerelegeer te word nie.
* In ‘n ander Motsepe Foundation-kragmeting Sondag in Pretoria het Upington City met 2-0 geseëvier teen die Amataks (Universiteit Pretoria). Upington City moes sy wedstryd teen Tuks wen om nie gerelegeer te word nie. Wat ‘n verligting vir hulle! * Berig: Nick Pretorius