Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Ondanks ‘n oorwinning van 45-14 oor ‘n hoogs gemotiveerde span van Keimoes vlei die telling die Defence Force Collegians (DFC) in ‘n groot mate. 
Dié twee spanne het Saterdag op Keimoes in ‘n ZFM-ligawedstryd mekaar behoorlik opgekuil. Was dit nie vir Keimoes se foute op kritieke oomblikke nie, kon die uitslag dalk anders gelyk het. 
In die eerste helfte het Keimoes saam met ‘n sterk suidwestelike wind gespeel en onmiddellik die DFC-agttal onder kwaai druk geplaas in die vaste fasette. 


Die besoekers het telkemale uit gebroke spel vinnig toegeslaan om sodoende drie drieë te druk. Met rustyd was hulle gerieflik voor met 19-0. In die tweede helfte het Keimoes verwoed aangeval, maar hanteerfoute en die uitoefening van verskeie verkeerde opsies het talle gulde geleenthede deur hul vingers laat glip. Keimoes se swaar en groot voorspelers het DFC harde bene laat kou en hulle het ook die groter seggenskap in die vaste fasette gehad. Die telling vlei DFC en hulle kan nie té gerus voel oor hul onoortuigende vertoning nie. Ná die wedstryd was DFC se afrigter, Herchell Johnson, baie omgekrap oor sy span se vertoning. “Ons moes hulle (Keimoes) baie vér gewen het”, was sy woorde. Die rugbyklub Keimoes wat baie jong spelers in sy geledere het, is verlede jaar gestig.  * Puntemakers: DFC (19) Eindtelling: 45 - drieë: Mervon Junior van Rooi (2),  Ceanan Strauss (2), Thebang Chinduro, Julian Besuid en Quinton Davids. Doelskoppe: McNeil Hendricks (4) en Nathan van Schalkwyk (1). Keimoes (0), eindtelling: (14). Drieë: Edwill du Plessis (1) en Nicolas de Wee (1). Doelskoppe: Adri Friedberg (2).                         
 * DFC speel Saterdag teen United en Sunwolves meet kragte met Upington Dorp. Albei dié wedstryde sal op die Unieveld plaasvind. Kenhardt speel teen Kakamas in Kenhardt.