Twee Hoërskool Kalahari-krieketspanne het onlangs aan die Gimmies
Volkies-krieketfees in Potchefstroom deelgeneem.
Die 0/15’s het twee oorwinnings uit hul vier wedstryde behaal en die Eagles was drie keer aan die wenkant en het slegs in die laaste boulbeurt van ‘n T20-wedstryd teen ‘n gekombineerde 0/19 (A/B)-span van Hoër Volkskool verloor.
Die Kalahari spelers het verskeie besondere prestasie behaal maar dit is definitief Strauss van Heerden se kolfbeurt van 207 lopies van 134 balle, in ‘n 0/15 wedstryd teen ‘n 0/15 span van Potch Gimnasium wat lank onthou sal word. Strauss het 23 x 4’e en 11 x 6’e geslaan.
Louhan Noeth het 117 lopies in die Eagles se 2de wedstryd aangeteken en is goed ondersteun deur Janko Noeth met 64 en Kopano Mosienyane met 55.
Ruben Marè met sy 10 paaltjies is die mees suksesvolle 0/15 bouler op die toernooi.
Liam Laing en Kabelo Pitsoyakgosi neem elk 8 paaltjies in die 4 wedstryde.
Kabelo neem ‘n driekuns teen Hoërskool Benoni op die eerste dag.