Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times


UPINGTON - Vrydagmiddag, 9 Februarie, het die laaste tweekamp liga van die seisoen plaasgevind by die Dicky Jacobs-stadion, met die swem gedeelte wat by die dorp swembad gehou is. 
Hierdie geleentheid is deur Hoërskool Upington aangebied - wat nie net ‘n wonderlike dag se sportgeleenthede aangebied het nie, maar ook die atlete en ondersteuners na die swemgedeelte met uitstekende kos bederf het.
Die hoogtepunt van die dag was die pret swem na afloop van die amptelike liga onder die spreiligte, gevolg deur die bederf van heerlike hamburgers. 

Die geleentheid was weereens van ‘n baie hoë standaard en die atlete wat  hul gereed maak vir die Griekwaland-Wes Kampioenskappe wat op 17 Februarie in Kathu plaasvind. Uppies het die seisoen op ‘n hoë noot afgesluit en alle atlete kan baie trots wees. 
‘n Uitstekende 36 persoonlike beste punte is Vrydagaand aangeteken om die gehalte van die atlete by die ligas te bewys.
Die beste atlete van die dag in die hardloopafdeling was (1) Lily Visser (LON), (2) Evert Rossouw (Fanie Malan), (3) Izanne Maritz (Duineveld). Die beste swemmers van die dag was (1) Lily Visser (LON), (2) Douw Steyl (Duineveld), (3) Johan Louw (Uppies).  Beste algehele atleet gaan aan (1) Lily Visser (LON), (2) Johan Louw (Uppies) en (3) Noah Visser (LON)