Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Die afgelope naweek van 3 en 4 Februarie 2024 het Upington Western Mounted Games Klub hulle 1ste en 2de Noord Kaap Provinsiale Qualifiers in Upington by die Skougronde aangebied. Ongeveer 56 ruiter/perd kombinasies van regoor die provinsie van plekke soos Upington en omvewing, Kimberley, Kathu en Kakamas het oor 2 dae aan 10 items teen die tydlyn meegeding. Die ruiters het deelgeneem in verskillende ouderdom groepe en volgens hulle ruiter/perd ry vermoë. Hierdie perde dissipline vereis absolute deursetting, konsentrasie en vertroue tussen perd en ruiter, veral inaggenome die hoë spoed en temperatuur waarin en teen die items gery word.

 Die perde dissipline stel ook groot fisiese uitdagings aan die ruiter/perd kombinasies, en is sekerlik een van die mees uitdagend en opwindendste perde dissipline wat daar is.  Belangstellende ruiters word uitgenooi om Upington klub te skakel indien jy sou belang stel by 071 555 3160 (Karla).