Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Tydens die 75ste Suid Afrikaanse Kampioenskap Skou van die Suid Afrikaanse Sierduif Vereniging (SASV) op  Bloemfontein  het Leendert Snyman (6jaar oud) en sy sierduiwe behoorlik opslae gemaak.
Hy het twee van sy sierduifrasse ten toon gestel in die junior (6 tot 18 jaar) afdeling en een ras in die senior (volwasse) afdeling. 
Die Junior afdeling is verteenwoordig deur ses junior vertoners, 10 sierduif rasse en 47 duiwe. 
Die senior afdeling is verteenwoordig deur 59 vertoners, 65 rasse en 1108 duiwe.
Leendert het tydens die skou die volgende prestasie bereik:
Leendert het 1 van sy Modenesers ook ingeskryf vir die SASV ringkompetisie waar telers `n spesifieke ring koop en `n duif met daardie ring vertoon ten tye van die SA’s. Hier word nie onderskei tussen seniors en juniors nie. 


Leendert het die 2de beste duif in die ring kompetisie vertoon en `n prysgeld van R800 gewen.
Leendert se Modeneser was by die Junior afdeling raswenner (beste in ras) sowel as een van sy Birmingham rollers was `n raswenner.
Leendert het ook 5 Modenesers ingeskryf by die senior afdeling waar hy ook die Raswenner vertoon het. Nadat alle raswenners aangewys is, word daar vanuit die raswenner duiwe die  7  beste senior en 7 beste junior duiwe aangewys wat bekend staan as die Top7. 
Dit is dan as volg: Kampioen, 1ste Reserwe tot 6de Reserwe sowel as die beste jaaroud duif.
In die Top 7 is Leendert se Modeneser as 5de Reserwe Kampioen en sy Birming Roller as 1ste Reserwe Kampioen op skou in die Junior afdeling gekroon. 
Die Birmingham Roller is ook aangewys as die Beste jongduif op skou in die Junior afdeling. 
Maar Leendert se Raswenner Modeneser in die senior afdeling is dan as 6de Reserwe Kampioen in die Senior afdeling gekroon. 
Dit is die eerste keer die afgelope 23 jaar wat `n junior `n duif in die Top7 van die senior afdeling het.
Vir Leendert se prestasie as junior tydens die SA’s het hy dan ook die Goue Donsie trofee ontvang vir die junior wat die beste presteer het tydens die SASV Suid Afrikaanse Kampioenskap skou 2024.
 Junior Afdeling:  
1. Beste Junior Modeneser in ras
2. 5de Reserwe Kampioen Juniors
3. Beste Junior Birmingham Roller in Ras
4. 1st Reserwe Kampioen Junior op Skou
5. Beste Jongduif Junior afdeling
6. Beste Modeneser op Skou Senior afdeling
7. 6de Reserwe Kampioen Senior afdeling
8. Goue Donsie trofee vir Junior wat beste presteer het