Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Die heelagter en vleuel van die Pumas, Stefan Coetzee, is onlangs vereer as die Pumas se Speler van die Jaar.
Stefan, 26 jaar oud, is ‘n kind van die Noord-Kaap. Hy is in die myndorp Aggeneys gebore en in Graad 4 verhuis sy ouers, Willie en Santie, na Springbok. Hy begin graad 4 by die Primêre Skool Springbok (PSS). Reeds van graad 1 af  het Stefan rugby gespeel en op laerskool in sport uitgeblink. 
Hy was ‘n kranige hekkie atleet en verteenwoordig ook die Noord-Kaap span twee keer by SA Skole Atletiek.
 In 2016 het hy aan Hoërskool Namakwaland gematrikuleer.  In graad 11 het hy weer die Noord-Kaap verteenwoordig in Hekkies by SA Skole Atletiek. 
Hy het Griekwas Akademie Week gehaal in graad 11 en ook graad 12. 
 Met ‘n Bloubul kontrak na matriek skuif hy na Pretoria.   
Stefan speel vir Bulls 0/19 en 0/21 rugby.  


Daarna kry hy ‘n studiebeurs by Tukkies en verteenwoordig ook TUKS rugby in die Varsity 7’s en 15-tal.  Hulle was twee keer Varsity Cup kampioene in 2021 & 2022.  
In die 2022 Varsity Cup Finaal sorg hy vir opslae in die doodsnikke van die wedstryd teen Maties waarby Tukkies die beker onder hul neuse verower in Stellenbosch. 
Stefan behaal ‘n diploma in Sportwetenskap en voltooi ook ‘n B.Ed Graad (Senior Fase) aan die Universiteit van Pretoria in 2022.
Jimmy Stonehouse, afrigter van die Pumas Rugby Unie in Nelspruit, het hom raakgesien en ‘n professionele kontrak aangebied. 
 By die 2023 jaareindfunksie van die Pumas, wen hy die “Drie van Jaar trofee”  met ‘n  pragdrie teen die WP  in die  Curriebeker.  
2024 was beslis sy jaar deurdat hy die Curriebeker afgeskop het met ‘n “Man van die Wedstryd” medalje toe die Pumas die Griekwas kaf gedraf het in die openingswedstryd in Kimberley.
Hy het ‘n besonderse jaar gehad op heelagter en vleuel vir die Pumas en het ook belangstelling gewek by groter unies soos die Sharks om hulle in die URC te verteenwoordig. 
 ‘n Gewrigbesering aan die einde van die Curriebeker het hom egter teruggehou en hy kon nie Durban toe skuif nie.  
By die 2024 jaareindfunksie ontvang hy die volgende toekennings:
- SA Cup Agterspeler van die Jaar
- Curriebeker Speler van die Jaar
- SupaRugby Speler van die Jaar
- Speler met die beste Vooruitsigte
- Spelers se Speler van die Jaar
- Pumas se Speler van die Jaar – waarby hy dan ook ‘n komplimentêre voertuig van Westvaal Numbi Ford wen om vir ‘n jaar te gebruik. Toepaslik is dit dan ook die nuwe Ford Puma.
  Intussen wink die Blitzbokke op die horison en word verwag dat hy vanaf Januarie vir ‘n paar maande by hulle in Stellenbosch sal aansluit.  Hy het ook sy kontrak met nog twee jaar by die Pumas verleng.  Sy droom is om oorsee in Japan te gaan rugby speel.    
Stefan se ouers is woonagtig in Upington al vanaf 2018, maar is oorspronklik van Springbok.  Sy suster, Elana, is ‘n oud-Veltie en is deesdae woonagtig te Springbok.  Die gesin is baie trots op hom en glo dat die Groen en Goud vir hom beskore is, want hy werk sy lewe lank al aan sy droom.    
Al was hy in ‘n klein plattelandse skool, is hy weereens ‘n bewys dat jou drome kan waar word, as jy bereid is om daaraan te werk.  Hy hoop dat hy vir ander ‘n inspirasie kan wees om hul drome na te jaag, maak nie saak wat jou omstandighede is of waar jy vandaan kom nie.  
Hy is ‘n lang man (1.97m), met sy voete plat op die aarde en sy wortels diep geanker in sy geloof.