Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Die Upington APD het onlangs ‘n baie geslaagde rolstoelrugbydag by Desert Palace Casino gehou.
Die gasheerspan, was die gewilde Mustangs van Bloemfontein. Hulle het afgeskop met ‘n demonstrasie wedstryd om vir al die spanne te wys hoe daar gespeel word en om die reëls te verduidelik. 
Die deelnemers het gou agtergekom dat hierdie spel baie uitputtend is en dat dit nie kinderspeletjies is nie.
Agt spanne het teen mekaar gespeel. Die wenners van die dag was Upington Dorp Rugbyspan.


Lumber City verteenwoordigers was tweede met Volkswagen 3de en APD 1 vierde.
5de was die Ortho span van Adriaan Marais, 6de Plastic Packaging, 7de APD 2 en 8ste APD 3. Ander spanne wat vroeër moes onttrek, was Pick ‘n Pay, North Western Ford en Rooisand Ratels.
Die Mustang Rolstoel Rugbyklub het vier rugbystoele geskenk om die APD Rolstoelrugbyklub ‘n hupstoot te gee, maar nog vier stoele is nodig om twee spanne op ‘n baan te sit en die sport te vestig. Elmarie Hoft, die area-direkteur van APD sê borge word afgesmeek om R30 000 per stoel te help betaal, sodat ons volgende jaar Mei/Junie weer so ‘n ongelooflike sportdag kan aanbied sodat 4 spanne in twee bane gelyk kan deelneem.
Die APD bedank een en almal vir hul aandeel wat gesorg het dat dit so ‘n groot sukses was.
Elmarie Hoft kan geskakel word by 087 086 2907 k/u.