Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Die Laerskool Seodin van Kuruman se 0/13-krieketspan het die elftal van Op die Voorpos op Nasionale Vrouedag met vyf paaltjies gewen. 
Die tuisspan het eerste gekolf en danksy ‘n skitterende 61 van 79 balle deur Jandré Botha kon hulle ‘n skaflike 218 almal uit aanteken. 
Zachary Minnaar van Seodin was hul beste bouler met syfers van 4/57. 
Die besoekers het geduldig maar tog met uitstekende kolfwerk die teiken met 219 vir die verlies van vyf paaltjies bereik. 
Hiervan was Strauss van Heerden (79*) en Ruben Mare (23*) in ‘n goeie vennootskap betrokke met 81 van 88 balle. 
Voories se draaibalbouler Christiaan Pienaar het met sy bedrieglike variasies 2/39 laat spat. 
Die wedstryd is in ‘n pragtige sportmangees gespeel en die jong latte het elke oomblik van hierdie aanskoulike wedstryd geniet.