Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Die Toyota Extreme driekamp kompetisie is besig om elke jaar te groei en meer deelnemers te lok vanaf buite die Upington gemeenskap en dit is wonderlik om meer en meer deelnemers te sien elke jaar. 
Hierdie jaar bring ons weer die prysgeld vir die wenners van die mans en vroue Extreme kategorie terug as aansporing. 
Die Toyota Extreme 2024 is om die draai en vind hierdie jaar op 26 Oktober 2024 plaas te Oranjerus Oord naby Kanoneiland, langs die magtige waters van die Oranjerivier. 
Die Toyota Extreme is ‘n baie unieke kompetisie wat die deelnemers die kans gun om werklik ons pragtige omgewing en landskap te geniet en hetsy ernstig te kompeteer, of dit meer rustig en ontspanne aan te pak.
 Alle fondse wat ons insamel word net so teruggeploeg in ons gemeenskap en versprei na minderbevoorregte kinders en bejaardes. 


Hetsy dit die unieke swem in die Oranjerivier is, of die bergfiets tussen die wingerde, of die draf in die Kalahari landskap, die kompetisie bly uniek en wonderlik. 
Die kompetisie vind in ‘n verskeidenheid van kategorieë plaas en maak voorsiening vir die individu, ‘n spanbenadering en selfs vir skole ‘n aparte kategorie. 
Die twee vernaamste kategorieë is die Extreme en die Lite afdeling en kan as volg opgesom word:

Extreme : Swem 800m, Fietsry 28km en Draf 10km.
Lite: Swem 250m, Fietsry 14km en Draf 5km.

Die laaste jaar het die Extreme ook vir kinders onder 12 die geleentheid gebring om in ‘n nuwe kategorie deel te neem. 
Kinders vanaf 12 en ouer neem deel in die normale kategorieë, maar tussen 6 en 11 is daar ‘n nuwe kategorie wat sal plaasvind terwyl die normale Extreme aan die gang is. 
Die kinders sal wegspring, sodra die laaste deelnemer van die skolekategorie uit die rivier is. 
Let op die volgende beplannings rakende afstande:
                                                                         
Ouderdom 6-8 : Swem 30m, Fietsry 600m en Draf 450m.
Ouderdom 9-11: Swem 50m, Fietsry 2km en Draf 1km.

Indien jy nog nie jou inskrywing in het nie, daar is nog tyd oor en alle inskrywings vind aanlyn plaas by: http://www.upingtonextreme.co.za en inskrywings word toegelaat tot 08:00 op 24 Oktober 2024.

Registrasies van alle spanne en individuele atlete vind plaas by Upington Toyota op Vrydag die 25ste Oktober 2024 vanaf 12:00 tot 16:00. Kontak admin personeel indien u nie in daardie tyd kan registreer nie.