Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Wat ‘n meëdoenlose eindstryd om die ZFM-Ligatrofee was dit nie Saterdag tussen Upington Dorp en Kakamas op die Hoërskool Martin Oosthuizen-Stadion. 
Met rustyd was die telling gelykop met 10 elk. Talle beserings was aan die orde van die dag en elke span het ‘n geelkaart gekry vir ontoelaatbare spel. 
Dorp was diep in tweede helfte voor met 20-10 en dit het op daardie stadium gelyk asof hulle die taai kragmeting sou wen. 
Maar Kakamas het nooit gaan lê nie. In die doodsnikke van die wedstryd het die tuisspan se losskakel Danie Koortzen met ‘n netjiese skepskop die telling gelykop gemaak (20-20). 


Twintig minute se ekstratyd is toegeken en die wedstryd was voortdurend in die weegskaal. Die tuisskare het bankvas agter hul span gestaan maar aan die einde van die verstreke ekstratyd is die louere gedeel ná ‘n titaniese stryd. Die ervare skeidsregter Wally Crouse het die wedstryd besonder goed hanteer ten aanskoue van gemoedere wat soms hoog geloop het. *Vir Dorp het sy linkervleuel Julian Besuid ‘n driekuns aan drieë behaal. Michael Steyn (agsteman) het Dorp se ander drie gedruk. Connie de Jager (losskakel) het met ‘n strafdoel en vier doelskoppe geslaag. Die span se kaptein en binnesenter Lian Liebenberg het ‘n strafdoel behaal. Vir Kakamas het die senter D. Jordaan, J. Matthys (vleuel), Hannes Conradie 2, (flank) en Jannes van den Heever (vleuel) drieë gedruk. Die span se skrumskakel Zak Theron het met drie doelskoppe geslaag. Danie Koortzen (losskakel) het ‘n skepskop oorgeklits. Eindtelling: 34-34.