Solidariteit vereer maatskaplike werker
Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - ʼn Maatskaplike werker van Klerksdorp is een van 12 in die land wat deur Solidariteit as “hoopdraers” vereer is.
Nuansa Vogel is op Dinsdag 19 Maart, op Internasionale Maatskaplikewerkersdag, met die Solidariteit Maatskaplikewerkersnetwerk se #Hoopdraer-toekenning vir haar toewyding aan die beroep beloon.