Klerksdorp Rekord, Orkney - Laerskool Saamtrek se A-spanne het geskitter tydens die Kosh-Laerskole gholfdag wat verlede week by Orkney gholfklub gehou is. Die spanne het almal deurgedring na die Noordwes-finaal wat op 30 Oktober by Magaliespark gehou word. Die gholfspan het die A-afdeling se zero-afdeling gewen, asook die individuele toekennings vir beide die meisies zero en IPS, en seuns zero en IPS in die A-afdeling.
Juhanell Ollewagen wen die zero-afdeling en is naaswenner in die IPS-afdeling. Mckaylin van Rooyen wen die IPS-afdeling en is naaswenner in die zero-afdeling. Adriaan Hennop wen individueel die seuns IPS-kompetisie. Ruben van der Merwe wen die seuns individuele zero-kompetisie.