Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Klerksdorp Record, Klerksdorp - Klerksdorp Technical High School’s Hope Offor recently obtained her North West colours for the under 18’s lawn bowls team.

Hope will participate in the national under 18’s tournament to be held in Bloemfontein during March school holidays. 

She started playing lawn bowls four years ago when she was 12 years old. She always accompanied her granny, Sega Magoto who is one of the top players in North West and SANDF, to bowling practices and was inspired by her granny to try her hand at bowls. The rest is history with Hope rewriting the books that bowling is only for pensioners. 

Hope has represented North West on numerous occasions in various age group tournaments. Her ultimate dream is to represent South Africa at the 2032 Olympics to be held in Australia.

Read more …THS pupil excels in lawn bowls

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Laerskool Saamtrek se atlete was reg vir aksie toe die huissportbyeenkoms net twee dae na die skool begin het, afgehandel is. 

Die jong Bryan King het vir die dag se grootste verrassing gesorg deur twee stokou rekords te laat spat. Die knapie neem o/7 deel en het die rekord in die 60m met .33 sekondes verbeter na 9.77s. Die rekord het aan Eugene Pettit behoort en is 1999 opgestel. In die 80m het hy ‘n 39-jaar oue rekord verpletter met ‘n tyd van 12,88s. Die rekord was 13.30s en is in 1985 deur ene D Davis opgestel.

Na al die opwinding so vroeg op Vrydag 19 Januarie het Saamtrek-atlete uitgehaal en gewys en nog ‘n handvol nuwe rekords opgestel.

Die atlete is Shinell Prins (200m o/13), Hayley Lues (800m o/13), Lilika Fourie (1200m o/9), Estian le Roux & Zane de Villiers (1200m seuns o/9), Declynne da Silva (hoogspring o/12), Wian Oberholster & Christiaan Pretorius (hoogspring o/10), Jan-Pieter Jordaan (hoogspring o/13), Lehanke Beets (spiesgooi o/13), Ryan Beets (gewigstoot o/10) en Alto Wiggett (diskus en spiesgooi o/12).

Vier nuwe rekords is by Laerskool Goudkop se huissport opgestel. Die atlete is Zayden Meyer (o/10 gewigstoot), Chante Fouché (o/10 gewigstoot), Caleb Botha (o/12 skyfwerp) en Osego Ramohlabi (o/7 80m).

Laerskool Goudkop se Victor en Victrix Ludorums is aangewys na die afgelope huissport. Die titels gaan aan Miguel Nieuwoudt (o/13), Jessica Marais (o/13), Anru van Deventer (o/12), Ivané Bosch (o/12), Calden Viljoen (o/11 afwesig met neem van foto), Kristen Janse van Rensburg (o/11), Matthew Barnard (o/10) en Mirre du Rand (o/10).

Laerskool Saamtrek se meisies A-span het puik presteer tydens die interprovinsiale toernooi wat op 4 en 5 Desember op Nylstroom aangebied is. Die meisies het die IPS-afdeling gewen en tweede plek behaal in die Zero-afdeling. Juhanell Ollewagen (foto) het die individuele IPS-afdeling ook gewen. McKaylin van Rooyen (foto) behaal ‘n sesde plek individueel. Die seunspan het ‘n algehele vierde plek behaal in die IPS- en Zero-afdelings. Die seunspan is Adriaan Hennop,  GJ Coetzer,  Dehan van der Merwe en  Ruben van der Merwe. Laerskool Saamtrek het teen skole van Gauteng, Limpopo en Mpumalanga gespeel.

 

 

 

 

More Articles …