Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Hoërskool Wesvalia behaal 'n dubbele wen in die Finsburyliga teen KHS. 

Na Wesvalia se o/15A krieketspan met 76 lopies gewen het, was dit die eerste spanne se beurt om kragte te meet.

KHS het eerste gekolf en kon net 74 lopies behaal, terwyl Barry Niemand 5 paaltjies versamel het.

Wesvalia het die teiken verbygesteek sonder om 'n paaltjie te verloor, en die wedstryd met 10 paaltjies gewen.

Die speler van die wedstryd is Barry Niemand vir sy indrukwekkende boulwerk

Laerskool Saamtrek het 'n algehele tweede plek behaal tydens die Top 20-byeenkoms wat in Johannesburg gehou. Altesaam 36 skole uit Gauteng en Noordwes het deelgeneem. Ryan Beets is aangewys as die beste seunsveldatleet vir die dag en het 'n goue medalje verwerf in gewigstoot vir seuns o/10 met 'n wen afstand van 11.43m. Alto Wiggett het goue medaljes verwerf in spiesgooi, gewigstoot en diskus vir seuns o/12. Lehanke Beets behaal 'n eerste plek in spiesgooi o/13, Wian Oberholzer rky goud in hoogspring o/10, Declynne da Silva kry goud in hoogspring o/12, Carla du Rand behaal 'n tweede plek in 70m Hekkies o/10, Hayley Lues behaal 'n derde plek in 75m Hekkies o/13, Denay Fourie behaal 'n derde plek met 150m Hekkies o/12.

 

Die volgende atlete van Laerskool Meiringspark het puik presteer by die Dr KK Distrikbyeenkoms en dring deur na die NW atletiekbyeenkoms. Op die foto is Annemicke Pretorius (o/10 gewigstoot), Adeline Beukes (o/12 gewigstoot), Evaan van Wyk (o/12 75m, 150mH en spiesgooi), Lebo Motsatsi (o/13 spiesgooi) en Reneilwe Disipi (o/10 verspring).

 

 

Laerskool La Hoff het tydens Dr KK distrik-atletiekbyeenkoms altesaam 32 plekke behaal en nege rekords gebreek en geëwenaar. Imke Swanepoel is ook aangewys as die Victrix Ludorum en Divan Pullen is onder die top drie seuns vir die byeenkoms. Op die foto is Imke Swanepoel (o/10 - 80m, 100m en 75mH), Roubaix Reynecke (o/12 - 150m), Miné Scott (o/12 - hoogspring), Lyla Smit (o/11 hoogspring), Mnushke Smith (o/13 - 800m), SW Liebenberg (o/11 - hoogspring) en Luhann Blom (o/10 - verspring).

 

Klerksdorp Rekord, Potchefstroom - Hoërskool Schoonspruit het op Vrydag 16 Februarie aan die Platinum Inter (groep B) deelgeneem. Vanjaar was dit Hoërskool Bekker se beurt om as gasheerskool op te tree.
 
Deelnemende skole was Ferdinand Postma, HTS Potchefstroom, Hoërskool Bekker, Hoërskool Schoonspruit, Hoërskool Wolmaransstad, HTS Klerksdorp, Milner, New Vision, Curro, Orkney Hoër en Educator’s High School.

Hoërskool Schoonspruit behaal ‘n algehele vierde plek en verower 46 medaljes waarvan 16 goud, 11 silwer en 19 brons is. Hoërskool Wolmaransstad het die byeenkoms gewen. Dié skool het nog elke jaar gewen vandat die byeenkoms in die formaat aangebied word.

Read more …Schoonies presteer by Platinum Inter

More Articles …