Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - KHS het vanjaar ‘n rekordgetal atlete wat gekwalifiseer het om aan die SA Kampioenskap deel te neem.

Altesaam 33 KHS’er gaan aan die nasionale skolebyeenkoms deelneem. Alle oë sal natuurlik gerig wees op Amogelang Tatai wat vanjaar stof in almal se oë hardloop. Die Afrika kampioen Ewald Jansen het ook hard gewerk om weer goud in spiesgooi te wen.

Hekkiesatleeet Jenna van Dyk het ook tot dusver goed vorm behou en haar oë is op goud gerig.

Die seuns wat aan die SA’s gaan deelneem is Tlogi Kgosien, Lukhanyo Mvala, Elzeno Schalkwyk, Simphiwe Nero, Amogelang Tatai, Marco Symington, (middel) Thabang Thebiso, Hernu Human, Gerrit Koen, Ewald Jansen, Innocent Marcous, Tristan Demoser, (agter) Elardus Botha, Jayden Walsh, Nevin Howard, Marques Olivier, Dean McAslin en Hanro Nel.

Die meisies in die span is (voor) Lizé van Zyl, Liané Engelbrecht, Desire Engelbrecht, Jané van der Berg, Jandri van Staden, (agter) Keandra Jooste, Kate-Lynn Fourie, Chiara Vermeulen, Julindi Wilkens, Rozel Pretorius, Renscha van Wyk en Mieke Kromhout, Ava Tannous, Jenna van Dyk en Tyron Masango.

 

Kara Muller-van Schalkwyk het na ‘n hermerk van haar matriekeindeksamen vraestelle nog ‘n onderskeiding behaal. Die slimkop spog nou met sewe on-derskeidings en ‘n hoër gemiddeld nadat sy beter punte in Engels en Wiskunde verwerf het en nou ook ‘n onderskeiding in Fisiese Wetenskappe bygekry het. Sy het aanvanklik 6 onderskeidings gehad. Kara is tans ‘n student in Rekenaar- en Elektoniese Ingenieurswese aan die NWU. Sy het aan Hoërskool Wesvalia gematrikuleer.

 

 

 

Tsholofelo Chauke and Siyabonga Lemotlo from Western Reefs Primary School will both be competing in the SA athletic championships that will be held in Limpopo from 25-26 March. Tsholofelo (u/11) will be competing in the 80m and 100m track event. Siyabonga (u/12) will be competing in the 150m and relay event after winning gold in both events at the NW Championships. They are coached by Zainlee van Vuuren.

 

 

 

 

Drie atlete van Laerskool Orkney neem die einde van die maand aan die SA atletiekkampioenskap in Limpopo deel. Apha Mlenga, Dimpho Skoonberg en Morena Lekhoaba het eerste plekke verwerf by die afgelope NW byeenkoms. Apha was eerste in verspring en tweede in hoogspring. Dimpho was eerste in 200m hekkies, tweede in 200m en tweede in versping en Morena het ‘n eerste plek verwerf in 80m en ‘n tweede plek in 100m. Hulle word afgerig deur Franco Jacobs en Huibre Papenfus.

 

More Articles …