Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Laerskool Goudkop se o/13 en o/12 netbalspelers is by die APO-proewe gekeur. Voor is Elhandri Potgieter, Nina Brand, Amoné van der Walt, Megan Harmse en agter is René le Roux, Miané Randall en Mieke Venter.

 

 

 

 

Drie leerlinge van Laerskool President het Noordwes klere verwerf in hokkie. Hulle is Suresh Adams (o/13), Reighley Sheba (o/13) en Altinio Regovan (o/12).

 

 

 

 

 

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Laerskool La Hoff het die jaar se atletiekseisoen afgesluit met twee SA kampioene en sewe top tien plekke in die afgelope SA atletiekkampioenskappe vir laerskole.

Imke Swanepoel is natuurlik die naam op almal se lippe met haar ongelooflike prestasies. Die skrander atleet het in al vier haar items skoonskip gemaak en goue medaljes huistoe gebring. Sy het deelgeneem in die 80m, 100m, 70m Hekkies en aflos.

Haar spanmaat, Isabella Van der Sandt het goud gewen in die 1 500m stap.

Nog ‘n Hoffie wat op die podium gestaan het, is SW Liebenberg met ‘n derde plek in hoogspring.

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - KHS-atlete het weer die skool se naam hoog gehou en met 16 medaljes teruggekeer na die pas afgelope SA Kampioenskappe vir hoërskole wat in die Kaap plaasgevind het.

Dit is geen verrassing dat Ewald Jansen (o/19, spiesgooi) en Amogelang (o/19, 5000m) hul items gewen het nie.

Kate-Lynn Fourie en Lize van Zyl het drie medaljes ingepalm terwyl Simphiwe Nero en Dean McAslin elk twee gewen het. Jané van der Bergh, Marques Olivier en Hanro Nel het elk ‘n brons medalje verower in hul verskeie items.

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Laerskool Saamtrek spog met twee kampioene na die afgelope ASA kampioenskappe vir laerskole.

Altesaam 17 atlete van Laerskool Saamtrek het aan die kampioenskappe deelgeneem wat gedurende die vakansie in Polokwane gehou is. 

Ryan Beets het eerste stem dik gemaak in die gewigstoot vir seuns o/10. Hy het die SA rekord in flarde laat spat met ‘n allemintige gooi van 12.47m. Die ou rekord het gestaan op 11.93m!  

Die provinsiale rekordhouer in hoogspring, Declynne da Silva het met haar lang bene korte mette gemaak van haar teenstander en die hoogspring vir meisies o/12 ingepalm. Declynne het nog nie vanjaar in die item verloor nie en is beslis ‘n jong atleet om dop te hou.

Read more …Laerskool Saamtrek trots op kampioene

More Articles …