Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Laerskool Saamtrek het elf redenaars wat deurdring na die ATKV semi-finale wat op 31 Mei in Rustenburg gehou word. In gr 7 is dit Carmi van Niekerk, Danika van Schalkwyk, Lara van Zyl, Lehanke Beets, Marisa Visser, Nita van Niekerk, in gr 5 is dit Sloan van Wyk, in gr 3 is dit Ané Oberholzer, Ava Steyn en Laylie Theunissen en in gr 2 Theuns Visser.

 

 

 

Laerskool Saamtrek se eerste gholfspan het die Ernie Els kwalifiserende Rustenburg Ope op 12 Mei gewen. Juhanell Ollewagen behaal eerste plek (Gross) in die Laerskole Meisies-afdeling, Dehan van der Merwe behaal tweede plek (Gross), Ruben van der Merwe behaal vierde plek (Gross) en PG van Niekerk behaal vierde plek (Nett).

 

 

 

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Hoërskool Wesvalia se Bruin Bere is tevrede met ‘n tweede wen in die Noordvaalliga nadat hulle die naweek vir Hoërskool Pietersburg ore aangesit het.

Wessies het reeds in die eerste helfte hul stemme dik gemaak en was teen halftyd gemaklik in die voortou met ‘n telling van 17-3. Hulle het die wedstryd met 41-10 gewen. Vyf drieë wat almal vervyf is en twee strafskoppe het vir die Klerksdorpers ‘n bonuspunt beteken wat hulle tweede op die log in die skildkompetisie plaas.

 

Read more …Nog ’n wen vir Hoërskool Wesvalia

More Articles …