Duncan Fritz en Hein van Wyk van Hoërskool Schoonspruit neem die naweek aan die SA-landloopbyeenkoms deel.
Duncan Fritz en Hein van Wyk van Hoërskool Schoonspruit neem die naweek aan die SA-landloopbyeenkoms deel.
Klerksdorp Record, Klerksdorp - Naledi Dikhudu, a Grade 11 learner at THS Klerksdorp, is back from the International Association of Majorette-sport in Agen, France as part of the Central Senior South African team.
The team comprises drummies from North West, KZN and the Free State.
Naledi, which means “star” in Sotho, was 9 years old when she caught the drummie “bug”. She started in KPS’ Drummie Club and proceeded to the THS Drummie squad and is now the team captain for the THS All Stars Drum Majorette team for the second season. In addition, she also led the North West team at the national competition. She was subsequently selected for the South African Central Drum Majorette team that competed in France.
Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Laerskool La Hoff het die jaar se Super 8 landloopkompetisie gewen.
Die kompetisie het einde Julie in Kroonstad plaasgevind en span die kroon op die jaar se harde werk. Altesaam 30 Hoffies het deelgeneem waarvan 18 van die atlete top vyf plekke behaal het. Nog ‘n veer in die hoed vir die skool wat vroeër vanjaar die Super 8 atletiek en Super 8 Rugby en Netbal gewen het.
Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Hoërskool Schoonspruit se debat leerlinge het vroeër vandeesmaand aan die provinsiale ronde van die Con Spirito Debatkompetisie deelgeneem.
Vanjaar is die eerste keer wat Schoonspruit as gasheerskool opgetree het. Agt skole het deelgeneem. Drie Schoonspruit-spanne het deelgeneem (elke span bestaan uit twee lede).
Luhan Erwee en Danika Mocke, die senior span, behaal 74% en Soné Pieterse en Bea-Mari Ackerman behaal 71% en wen ook hul debat.
Die juniors vaar ook puik met Johandré Ackerman en Claire van der Watt wat 67% behaal vir hul eerste kompetisie.
Hoërskool Schoonspruit se nuwe hoofleiers is op 30 Julie tydens die VLR-inhuldiging aangewys. Elke jaar oorhandig die uitredende hoofseun en hoofmeisie ‘n Bybel en blom aan die nuwe hoofleiers as simbool van hul jaar van leierskap wat voorlê. Dit is sedert 1996 deel van die skool se tradisie. Hier is die oud-hoofleiers Gary Young en Janah-lize Kotzee, saam met die nuwe hoofleiers, Jeidi Engelbrecht en André Bosman.