Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Laerskool Saamtrek het 2025 op ‘n hoë noot afgeskop, met die atlete wat die rekords behoorlik laat spat het tydens die huissportbyeenkoms wat op Saterdag 18 Januarie gehou is.
Een van die rekords is in die vorige eeu opgestel. Alto Wiggett het egter korte mette van die spiesgooirekord gemaak wat in 1999 opgestel is. Die belowende o/13-atleet het die vorige rekord van Rick Basson met amper 10 m verbeter. Sy afrigter, Erich Wiese sien nog groot prestasies in sy toekoms.
Alto is verlede jaar as die beste veldatleet tydens die SA Kampioenskap aangewys.













