Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Atlete van Keurhofskool het behoorlik stem dik gemaak in Paarl as deel van die Noordwes atletiekspan vir LSEN skole.

Sestien atlete van Keurhof is in die span ingesluit wat van 2-6 April aan die SA byeenkoms deelgeneem het. Vier van hulle het medaljes gewen en die ander het ook goeie prestasies opgelewer. 

Tebogo Mfelang het ‘n goud in hoogspring vir seuns o/13 verwerf en spog ook met ‘n nuwe rekord van 1,67m. Zukile Seabi spog met ‘n tweede plek in hoogspring vir seuns o/13. Mosa Modieginyana het ‘n derde plek verwerf in die 200m vir seuns o/19 en Emihle Kraai het ook weggestap met ‘n derde plek in hoogspring seuns o/13.

Western Reefs Primary School’s top academic learners after the first term are Sinenjabulo Mbhele (gr 1), Bohlale Polinyane (gr 2), Alwande Nomsuka (gr 3), Tshiamo Nkgudi (gr 4), Gaone Tiro (gr 5), Luyema Guma (gr 6) and Ayanda Mpisi (gr 7).

 

 

 

Laerskool La Hoff het tydens die Super 8 Rugby- en netbalreeks, puik gevaar en is as algehele wenners aangewys. Dihan Booyens (eerstespan kaptein), André Ouwencamp (eerstepan afrigter), Errie Jansen van Rensburg (rugby-organiseerder), Anton Smith (skoolhoof), Karlene Venter (netbalorganiseerder), Sharia Leyland (eerste netbalspan afrigter) en Alexis te Brugge (eerste netbalspankaptein) het die trofeë namens die skool ontvang. Die skool se o/10 en o/11 rugbyspanne is ook as wenners aangewys met die o/11 en eerste netbalspan wat as naaswenners aangewys is.

 

 

Vier hokkiespelers van Laerskool Saamtrek is in die o/12 Noordwes-hokkiespan opgeneem. Hulle is Franco de Lange, Miané Schutte, Izelle Scholtz en Carmiya Crous.

 

 

 

 

Leerlinge van Laerskool Goudkop het die afgelope naweek aan ‘n boogskietkompetisie op Schweizer Reneke deelgeneem en goeie uitslae behaal. Hulle is Kyle van Staden (derde), Juan Bezuidenhout (eerste), Logan Bezuidenhout (eerste) en Helenza Harmse (tweede).

 

 

 

More Articles …