Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Matlosana Executive Mayor James Tsolela visited Janie Schneider school on Thursday January 25 and addressed the learners. He can be seen with Reabetswe Ramonnye (head girl), Helen dos Santos Nunes (principal), Kedibone Matlawe, and Thembinkosi Ncgoba (head boy).

 

 

 

Hoërskool Schoonspruit se topatlete na die huissport is Viandré Heymans (junior victor ludorum), Duncan Fritz (senior victor ludorum), Lizané Voster (senior victrix ludorum). Lizané is ook aangewys as die atleet met die beste senior prestasie vir die dag met haar nuwe rekord in die o/19 gewigstoot van 10.41m. Zena-Lee Kruger het die beste junior prestasie vir die dag opgelewer vir gewigstoot.

 

 

Laerskool La-Hoff atlete wat na die huissport vereer is, is Divan Pullen (senior Victor Ludorum), Imke Swanepoel (senior Victrix Ludorum), Karli Swanepoel (junior Victrix Ludorum) en Mynhardt Coetzer (junior Victor Ludorum).

 

 

 

Laerskool Goudkop se Victor en Victrix Ludorums in elke ouderdomsgroep is na die huissport aangewys. Hulle is Miguel Nieuwoudt (o/13), Jessica Marais (o/13), Anru van Deventer (o/12), Ivané Bosch (o/12), Kristen Janse van Rensburg (o/11), Matthew Barnard (o/10) en Mirre du Rand (o/10). Calden Viljoen (o/11) was afwesig met die neem van die foto.

 

 

KHS se krieketspanne het die afgelope naweek teen Linden gespeel met die eerstespan wat korte mette van hul opponente gemaak het deur almal vir net 97 uit te haal. Die KHSérs het 300 lopies aangeteken en vier paaltjies verloor. Boulers Otto Bruwer en Daniel Schoeman het elk vyf paaltjies geneem. Op die foto is kolwers Stefan Janse van Rensburg met 100 lopies agter sy naam en Tiaan Koen en Marnus van der Merwe wat elk met 50 talle kan spog.

 

 

 

 

 

More Articles …