Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Laerskool Saamtrek se meisies A-span het puik presteer tydens die interprovinsiale toernooi wat op 4 en 5 Desember op Nylstroom aangebied is. Die meisies het die IPS-afdeling gewen en tweede plek behaal in die Zero-afdeling. Juhanell Ollewagen (foto) het die individuele IPS-afdeling ook gewen. McKaylin van Rooyen (foto) behaal ‘n sesde plek individueel. Die seunspan het ‘n algehele vierde plek behaal in die IPS- en Zero-afdelings. Die seunspan is Adriaan Hennop,  GJ Coetzer,  Dehan van der Merwe en  Ruben van der Merwe. Laerskool Saamtrek het teen skole van Gauteng, Limpopo en Mpumalanga gespeel.

 

 

 

 

Karien Janse van Vuuren, adjunkhoof, en Helen dos Santos Nunes, skoolhoof, oorhandig ‘n ruiker van waardering aan Maria Viljoen van Thaba Tswene. Sy was die borg van ruim pryse vir Janie Schneider Skool se jaarlikse fondsinsameling.  

Hansie Muller het reeds sy uitslae vir die ekstra vak Alpha Wiskunde ontvang en spog met die enigste onderskeiding in Klerksdorp. Hansie skryf tans sy matriekeindeksamen by KHS. Alpha Wiskunde behandel onderwerpe buite die skool sillabus op ‘n gevorderde vlak. Die slimkop hoop om agt onderskeidings in die eksamen te kry. Hansie was KHS se onderhoofseun en het vroeër vanjaar in die ATKV Redenaars se nasionale finaal in die Wes-Kaap onder die top 10 redenaars in SA geëindig.

 

 

 

 

 

 

 

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die Ligbron Onafhanklike Skool het sy jaarlikse konsert verlede naweek gehou en die saal was gevul met trotse ouers en opgewonde kinders. Die kinders het hul harte uitgedans en gesing op die verhoog.

Ligbron is ‘n geregistreerde skool by die Departement van Onderwys wat spesialiseer in die onderrig van kinders met leerprobleme. Die skool bied ‘n CAPS en DCAPS kurrikulum aan en akkommodeer onder andere kinders met outisme, Downsindroom, serebrale gestremdheid, disleksie, ADHD en nog vele meer.

Read more …Liggies steek Klerksdorp aan die brand

More Articles …