 BRITS POS – BRITS – ‘n 72-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy Sondag, 22 September, sy huurder, Frikkie Knoetze (50), op ‘n kleinhoewe op Skeerpoort, koelbloedig doodgeskiet het.
BRITS POS – BRITS – ‘n 72-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy Sondag, 22 September, sy huurder, Frikkie Knoetze (50), op ‘n kleinhoewe op Skeerpoort, koelbloedig doodgeskiet het.
Brits Pos het met die vrou van die oorledene, Isobel Knoetze gepraat en volgens haar het sy en haar man ongeveer ses weke ‘n huis op dié kleinhoewe by die verdagte gehuur.
“Gedurende die tyd was daar kort-kort die een of ander probleem en die eienaar het, sonder waarskuwing die water en elektrisiteit na ons woning gestop,” sê Isobel.
 
																					











