Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times
Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Laerskool Saamtrek bied die week ‘n fondsinsamelingsgeleentheid aan om ‘n laerskoolseun se ouers te help met mediese uitgawes nadat hy met bloedkanker gediagnoseer is. Chris Grobler kan ‘n beenmurgoorplanting kry, maar tans is sy bloedkankertelling hemelhoog.
Laerskool Saamtrek het laer getrek rondom die familie en help om fondse in te samel vir mediese onkostes, want die gesin se mediese fonds is reeds uitgeput. 

Chris en Chinel, sy tweelingsussie is in gr 7 in die skool.

“Ten spyte van sy pyn en al die hospitaalbesoeke, bly hy glimlag en is ‘n inspirasie vir almal rondhom hom,” het Petru Myburg van die skool gesê.

Volgens sy ma, Nelmarie, is haar 12-jarige seun tans baie siek. 

Die gesin het hulp nodig en sal enige hulp waardeer. 

“Elke bietjie sal help. Oorweeg dit om die gesin te help,” het Petru gevra. 

Op Vrydag 6 Junie kan leerlinge van die skool hul hare in allerhande helderkleure spuitverf teen R20. 

Ouers van die skool is ook welkom om deel te neem. Die fondse sal aan die ouers oorhandig word.
Diegene wat die gesin finansieel kan help, kan ‘n epos stuur na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.