BRITS POS – BRITS - Na deeglike oorweging en besluitneming is Brits-Hartbeespoort Hospice se deure na 24 jaar, finaal gesluit.
“Die besluit is geneem weens ‘n finansiële tekort, sê sr Lynette Janse van Rensburg. “Dit is met groot hartseer dat ons nie kan voortgaan om tot diens van die gemeenskap te wees nie. Baie dankie aan almal wat dit deur die jare vir ons moontlik gemaak het om in die behoeftes van ons pasiënte te kon voorsien.
Lentedag liefdadigheids-mark
BRITS POS – BRITS – As deel van hulle betrokkenheid in die gemeenskap gaan Intertoy Toyota se span by nuwe voertuig verkope op 31 Augustus ‘n gesellige Lentedag liefdadigheids-mark aanbied.
Volgens die span by Intertoy het hulle ‘n kinderhuis in Brits as begunstigde geïdentifiseer en het reeds verlede jaar ‘n ruim skenking aan die kinderhuis gemaak.
Marie sê binne twee maande “hallo 90”
BRITS POS – BRITS – Marie Prinsloo (89), voormalige onderwyser(es) het jare lank by talle skole in Brits en omgewing aflosposte beklee.
Sy het haar laerskoolloopbaan by Generaal Brink in Voortrekkerhoogte en daarna haar hoërskoolloopbaan aan Afrikaans Hoër Meisies in Pretoria voltooi.
AUGUSTUS TUINTAKE - Die lente is op pad…
BRITS POS – BRITS – Dis Augustus en die weer is nog baie onvoorspelbaar, dalk winderig en koud, maar dit is ook die maand waarin jy jou tuin vir die lente gereed moet kry.
Dis belangrik om seker te maak dat al die standaardrose en -struike sowel as jong boompies goed gestut is voor die Augustuswind te erg begin waai. Maak seker dat die stutte nie te styf om die stamme vasgebind is nie en gebruik ‘n sagte materiaal om te verseker dat die bas nie beskadig word nie.
NG Kerk Sanddrift 80 jaar jonk
BRITS POS – BRITS – Die gemeente van die NG Kerk Sanddrift het 24 Junie dié kerk se 80ste bestaansjaar herdenk en op 13 Julie met ‘n gesellige potjiekos-kompetisie gevier.
Elke wyk het ‘n potjie ingeskryf, van seekos, hoenderlewers, afval, bees, rooibok, hoender, tot skaap, alles was daar. Die tafels het gekreun onder bykosse, tuisgebakte brode en poedings. Kompetisie was baie mededingend, maar groot pret en die beoordelaars het behoorlik kopgekrap om die wenners aan te wys. Uiteindelik het Kameeldrif, die kleinste wyk, se seekospotjie gewen.