Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

BRITS POS – BRITS – Lede van Brits Vroue Landbou-unie het gedurende die tak se September-vergadering, die koms van die lente op kleurryke wyse by ‘n plaaslike restaurant gevier.
Die tafels was kleurryk versier met ‘n oorgawe van blommeprag en lede wat die geleentheid bygewoon het, is elkeen met ‘n lente-geskenkie bederf.
Die sprekers vir die dag was Christelle Maré van Ons Huis en sy het meer van die werksaamhede by Ons Huis, ‘n tuiste vir kinders in veilige bewaring, gesels.

Read more …VLU Brits vier lente op gepaste wyse

BRITS POS – BRITS – Vir Niel Coetzee was dit ‘n vierdag wegbreek na stille waters om die storm wat ‘n mens onverhoeds in die lewe betrap, te verwerk, maar min het hy geweet dat sy gebed die tweede aand, na hy die Here gevra het om net een vis te vang, verhoor sou word, maar ook nie net sommer in sy skoot sou val nie.
‘n Paar uitdagings het gepresenteer – eerstens het hy sy skepnette tuis vergeet. Toe die lynalarm halfelf die nag skree, het hy die hoek geset en gevoel daar is ‘n grote aan die hoek, want hy het al ‘n paar 30- en 40-ponders gevang. Blitsig, maar ook angstig is hy met sy boot die dam in waar daar ook krokodille en seekoeie is. 

Read more …Dié grote het nie weggekom nie!

BRITS POS – BRITS – Behalwe vir ons drie Britsboere, Ernst Meintjies, Steph Meintjies en Lambertus Scheepers, is die ander nege deelnemers vanuit al die windrigtings – Potchefstroom, Pretoria, Naauwpoort, Pekanhoek, Jan Kempdorp, Middelburg, Hartswater, Secunda en Ventersdorp.
Versus Promosies het afrigters in elke streek gekry wat die boere ondersteun om so goed moontlik voor te berei.

Read more …Moer ‘n Boer

BRITS POS – BRITS – Jy word hartlik uitgenooi om die dag saam met die NH Kerk, Hartbeespoort-gemeente van Brits te kom geniet in die Magalies Hills Winkelsentrum se parkeerterrein, met hope parkeerplek, Saterdag, 31 Augustus vanaf 08:00.
Moenie die kans laat verby glip om van ons lekker, GOEDKOOP vleis, smaaklike kos, koffie in die teetuin, poedings en koek te koop nie. 

Read more …TRADISIONELE KOSMARK - Moet dit nie misloop nie!

More Articles …