Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Die APD (Assosiasie vir Persone met Gestremdhede) is vanjaar 30 jaar oud en om dit te vier word daar op 21 Junie ‘n gesellige dinee by Desert Palace Casino gehou.
Die volgende dag word daar ‘n Rolstoel Rugbytoernooi saam met die Mustang Rolstoel Rugbyklub by die Kalahari Mall gehou.
Dertig jaar gelede het Monica Gerhard die APD-tak op Upington gestig omdat daar ‘n behoefte aan ondersteuning vir persone met gestremdhede was. Dit was ook nodig dat daar mense is wat ‘n stem kan wees vir persone met gestremdhede.


APD is ‘n nie regerende  organisasie wat grotendeels afhanklik is van ‘n finansiële ondersteuning deur die gemeenskap, asook plaaslike besighede. APD staan vir “Association with and for Persons with Disabilities”, wat veral ‘n diens lewer aan alle persone met ‘n gestremdheid, ongeag  die geslag, ouderdom en kultuur.
Toe Monica 30 jaar gelede die tak op die been gebring het, het sy veral gepoog om toeganklikheid in die dorp en toeganklikheid van behuising, asook die toeganklikheid van die landroskantoor,  gevolg deur die verkryging van hulpmiddels asook die verhuring van rolstoele.
Sy en haar komitee het ook bewusmakingsveldtogte en motive-ringspraatjies by skole, kleuterskole en besighede gehou. Fondsinsamelings projekte is op ‘n gereelde basis aangebied. Monica noem ook dat Loslitdag  hierdie jaar 30 jaar oud is. 
Die eerste maatskaplike werker wat aangestel is, was Liesl Snyman en waarna die APD kantoor in Kerklaan geopen is.
Die hulp van maatskaplikedienste is bekend gestel en gelewer vanaf Upington tot Rietfontein, Riemvasmaak in die Kalahari, so ook in Kenhardt, en Groblershoop. Deesdae is daar ook ‘n kantoor op Springbok, wat dele van Namakwaland bedien.
Monica skryf verder: “Saam het ek en Liezl die vergaderings met verkeersafdeling gehad mbt die parkeerskyfies vir persone met ge-stremdhede. Ook moes ons gereeld vergaderings by Dept van Onderwys bywoon vir die omskakeling na inklusiewe onderwys. So ook moes ek en Liezl op ‘n gereelde basis die provinsiale vergadering ter Kimberley, en die Nasionale vergaderings in Johannesburg bywoon.
Mev Inge Reichert het vir Liezl Snyman opgevolg. Die Etsikelelo werkswinkel is gestig. Etsikelelo beteken “seëninge.” Groot verskeidenheid van vaardighede is aangebied en mev Mêrie Scheepers het  begin om ‘n wye verskeidenheid vaardighede aan alle werkswinkellede aan te leer.
Aĺle maatskaplike werkers en hulpwerkers van APD lewer baie goeie dienste, maar,  ek wil drie uitsonder -  mev Liezl Snyman, mev Inge Reichert en mev Elmarie Hoft.
Aan die einde van mev. Reichert se dienstydperk, het die APD met die hulp van NCL befondsing, die geboue in Brandstraat 7 gekoop. Dit is waar die huidige kantore en werkswinkel tans geleë is.
Mev Elmarie Hoft is die direkteur van APD Benede Oranje en sy het baie positiewe projekte aan die gang gesit.”
**** Om al hierdie mylpale te vier, word ‘n funksie met ‘n lekker spitbraai-ete by die Casino op 21 Junie saam met Monica gehou. Die gaskunstenaar van die aand is Jannie du Toit, hy kom sing sy gunste-ling liedjies van die afgelope 50 jaar. Die funksie begin om 18:30.
Die volgende dag word die rolstoelrugby by die Kalahari Mall gehou. Verskeie spanne in die dorp het al ingeskryf om deel te neem daaraan. 
Indien daar mense is wat die funksie wil bywoon of meer inligting oor die rolstoelrugbydag wil hê, kan Elmarie Hoft by 084 6222 980 geskakel word.