Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: En dit is presies wat Christel Strauss al meer as 30 jaar doen.
Die inisiatief, Leer & Leef,  spruit voort uit die passie van ‘n plaaslike opvoeder, Christel Strauss, waarmee sy in 2017 begin het. Christel was vir 24 jaar ‘n laerskoolonderwyser op Upington.
Gedurende hierdie jare het sy besef dat daar ‘n enorme behoefte binne die gemeenskap is, aan kwaliteit vroeë kinderontwikkeling om jong kinders toe te rus met die nodige vaardighede om ‘n suksesvolle skoolloopbaan te begin.
Deur Leer en Leef-kursus het Christel besef dat hierdie program gebruik kan word om haar gemeenskap te verbeter. Die proses het begin deur die dagsorgfasiliteite en creches in die “townships” te identifiseer, wat dringend hulp nodig het. 


Met die besef van die omvang van die behoefte en die groter doel om onderwysers en jong kinders in staat te stel, het Christel besighede, skole genader, kortom enigiemand wat bereid was om te help. 
Sedert die begin van hierdie projek is 35 VKO-sentrums in die informele nedersettings verbeter en getransformeer.
Hierdie sentrums is meestal uiters basies, dikwels in plakkershutte sonder elektrisiteit of lopende water met beperkte fasiliteite, gestruktureerde programme en toerusting om kinders ten volle te stimuleer tydens hul verskillende ontwikkelingsfases.
Leer en Leef se missie is om die lewens van minderbevoorregte kinders te verbeter en te verryk deur hul opvoeders en versorgers van die nodige opleiding, vaardighede, kennis, hulpbronne en interaktiewe programme te voorsien.
Leer en Leef Upington is tans betrokke by 35 sentrums geleë in Rosedale, Paballelo, Mountain View, Louisvale en meer waar Christel Strauss gratis opleiding aan die personeel verskaf om hulle te bemagtig om die programme te implementeer. 
Die totale aantal kinders in die sentrums is meer as 900. Volgens haar konserwatiewe berekeninge kan die programme na ten minste vier verdere sentrums uitgebrei word indien groter finansiële en ander ondersteuning verkry word.
Christelle werk nou saam met talle juffrouens van ECD-skooltjies en so help sy hulle om op die been te kom of uit te brei.
Leer en Leef se programme is spesifiek ontwikkel vir:
• Babas (0-18 maande)
• Kleuters (18 maande - 3 jaar)
• Kleuters (3-5 jaar)
• Nasorg (Graad R - Graad 7)
Christelle sê die uitdagings om in arm en benadeelde gemeenskappe te werk is veelvuldig en ons wil net ‘n paar noem.
“Die personeel by al die sentrums het ‘n ongelooflike passie en deernis vir die kinders en daar word met groot liefde na hulle omgesien.
“Die meeste van die vroue het egter geen opleiding in Vroeë Kinderontwikkeling nie en het nie leerprogramme om hulle te lei nie. Op sy beste funksioneer sommige van die sentrums net as dagsorgsentrums.
“Infrastruktuur is swak of bestaan amper nie. Die tipiese sentrum bestaan uit ‘n sinkgebou met sementvloere sonder matte en geen tafels en stoele om aan te werk nie. 
Vir die projekte om te slaag, benodig Leer & Leef dus befondsing vir die leerprogram en hulpbronne. 
                                                             Vervolg op bl. 9
Die leerprogram is egter net die punt van die ysberg aangesien elkeen van die sentrums verskillende behoeftes het wat wissel van herstelwerk aan geboue, installering van ligte, speelgoed, sandputte en skadunette om maar net ‘n paar te noem
Christel beskou die projek as ‘n gemeenskapsprojek waar almal kan bydra, hoe klein ook al. 
Bydraes wissel van borgskappe, skenkings, advies, konstruksie en herstelwerk en ons is baie dankbaar vir die ondersteuning wat ontvang word van plaaslike organisasies en besighede.
Sy kan nie uitgepraat raak oor besighede, organisasies en plaaslike mense wat haar help nie. Hetsy deur verf skenkings, die aankoop van ‘n gasstoof, basiese eetgery, leerhulpmiddel of ‘n mat wat in die klassies gebruik kan word. Sy sê net as sy wonder waar gaan sy nou weer hulp kry, is daar iemand wat haar ondersteun. En daarvoor is sy baie dankbaar.
Sy gaan verder deur te sê om koste te bespaar, word verskeie leerhulpmiddels en speelgoed van afvalprodukte gemaak. 
“Baie mense en restaurante help met die versameling van leë plastiekhouers, proppe en bottels. As een van hul projekte het die plaaslike Vereniging vir Mense met Gestremdhede, APD Upington, gehelp om leertoerusting van afvalprodukte te maak.
“Die volhoubaarheid van die projek is van kardinale belang. Christel Strauss besoek elke sentrum gereeld om inventaris na te gaan en om die skole volgens die kriteria van Leer en Leef te evalueer.”
Persone wat belangstel om Christelle Strauss in hierdie groot taak te help, kan haar skakel by 082 821 0801 of skenkings so doen:
EERSTE NASIONALE BANK
BLUE SKY FOUNDATION NPC ENTERPRISE BESIGHEIDSREKENING 62903976134
250312
Gebruik asseblief L2L gevolg deur jou naam.
Stuur asseblief die bewys van betaling na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..