GEMSBOK-UPINGTON: Nedbank het sy verbintenis tot uitsonderlike kliëntediens en sy doelgedrewe verantwoordelikheid vir omgewingsvolhoubaarheid bevestig deur 'n baanbrekersonkraginstallasie by sy Upington-tak te implementeer.
Die sonkragprojek sal verseker dat Nedbank-kliënte tydens beurtkrag ononderbroke toegang tot volle bankdienste het terwyl gasvrystellings verminder en klimaatsverandering ook bekamp word – 'n broodnodige ingryping in 'n stad wat swaar op landbou, toerisme en die diensbedryf staatmaak.
‘Met dié sonkraginisiatief, wat ooreenstem met Nedbank se strategie ten opsigte van 'n groen ekonomie, sal ons tak mettertyd minder van die netwerk afhanklik wees, sȇ Jacinta van Schalkwyk, Nedbank Upington se Markbestuurder. ‘Namate ons oorskakel na ons nuwe werksmodel wat tans landwyd ingestel word, is die doel dat die tak, wat juis met 'n fokus op kliënte ontwerp is, uiteindelik onafhanklik van hoofkragtoevoer sal funksioneer.
‘Dit is die 2de sonkragperseel wat die lig sien nadat Nedbank in sy groen strategie met die 1ste perseel in De Doorns in die Wes-Kaap deurgesien het. Hierdie benadering stel Nedbank in staat om sy doel te bereik as geldkundiges wat goed doen deur sonkrag te benut om kragonderbrekings te beperk – nie net vir die besigheid nie, maar ook vir kliënte, wat die belangrikste is. Die byna onbeperkte voorsiening van die son maak 'n projek soos hierdie selfs meer lewensvatbaar, en hoewel die projek nog in sy babaskoene is, sal Nedbank in die komende maande beslis wegbeweeg van die nie-omgewingsvriendelike en duur gebruik van kragopwekkers en diesel, na meer volhoubare opsies soos sonkrag.'
Volgens Van Schalkwyk is hierdie inisiatief belangrik vir Nedbank en die gemeenskap. ‘Ons gee om vir die gemeenskap, en daarom is dit belangrik om weg te beweeg van fossielbrandstowwe wat 'n negatiewe impak op die omgewing het. Te danke aan hierdie sonkraginstallasie kan ons uitsien na kostebesparings en ons belofte aan kliënte nakom.'
Nedbank se sonkraginisiatief is tydens 'n bekendstellingsgeleentheid onthul en die uit-voerende burgemeester van Upington Michael Segedi, asook verskeie kliënte van Nedbank Kommersiële en Verhoudingsbanksake van die area het dit bygewoon. Burgemeester Segedi het Nedbank vir sy vindingrykheid bedank, en het die strategiese vennootskap, wat tot die be-kendstelling van hierdie projek gelei het, geloof.