Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Die Etsikelelo werkswinkel van die APD het onlangs op ‘n lekker uitstappie gegaan.
Dié werkswinkel is deel van die  APD (Assosiasie vir Persone met Gestremdhede) op Upington wat vanjaar 30 jaar gelede gestig is.
Die Etsikelelo werkswinkel is ‘n beskermde werkswinkel waar lede verskeie vaardighede aanleer om hulle toe te rus tot onafhanklikheid.
Verlede week het een van die komiteelede, pastoor Martin Petrus, ‘n terapeutiese perde uitstappie na Nicky van der Westhuizen gereël. Sy het die lede meer vertel oor perde en hul terapeutiese waarde, hoe om na perde om te sien en hoe sy mense leer om perd te ry.

 

Die lede kon aan die perde vat, party het gehelp met die skoonmaak (borsel en hoewe) van die perde, hulle wortels gevoer en daar was selfs die brawes wat perd gery het.
Die APD is die jaar besonders bedrywig. Een van die dae (22 Junie)  hou hulle ‘n Rolstoel Rugbytoernooi saam met die Mustang Rolstoel Rugbyklub by die Kalahari Mall. Verskeie spanne in die dorp het al ingeskryf om deel te neem daaraan. Indien daar persone is wat nog wil kom rugby speel, kan Elmarie Hoft, area-direkteur, geskakel word.
Die vorige aand, 21 Junie is daar ook ‘n lekker spitbraai-ete by die Casino  saam met Monica Gerhard, stigter van die APD. 
Die gaskunstenaar van die aand is Jannie du Toit, hy kom sing sy gunsteling liedjies van die afgelope 50 jaar. Die funksie begin om 18:30.
Indien daar mense is wat die funksie wil bywoon of meer inligting oor die rolstoelrugbydag wil hê, kan Elmarie Hoft by 084 6222 980 geskakel word.