Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Byna die helfte van die land se munisipaliteite voldoen nie aan drinkwaterstandaarde nie.  Dit word uiteengesit in die land se mees onlangse Blue Drop Watch-verslag, wat toon - soos Minister van die Departement van Water en Sanitasie [DWS] Senzo Mchunu beskryf - “’n kommerwekkende afname in die prestasie van drinkwaterstelsels.”
Die verslag het ondersoek ingestel na die huidige toestand van drinkwaterinfrastruktuur en behandelingsprosesse oor 144 Waterdienste-owerhede (WSA) - wat drinkwater vir huishoudelike, kommersiële en besigheidsgebruik via watervoorsieningstelsels regoor Suid-Afrika se nege provinsies voorsien.


Altesaam 277 uit 958 (29%) watervoorsieningstelsels in die land is geïdentifiseer as in ‘n kritieke toestand – ‘n skerp toename van die 174 stelsels wat in 2014 geïdentifiseer is.
Net meer as die helfte van die land se watervoorsieningstelsels het uitstekende of goeie mikrobiologiese watergehalte-nakoming bereik, terwyl 46% nie aan die vereiste standaarde voldoen het nie en dus as “swak” of “sleg” gemerk is.
Geen Bloudruppel-sertifikate is vir die Noord-Kaap toegeken nie.
Met ‘n bevolking van ongeveer 1,13 miljoen, is die Noord-Kaap se 26 WSA’s met 176 watervoorsieningstelsels in ‘n algehele swak toestand. Daar is gevind dat agtien (69.23%) WSA’s en 123 (69.88%) watervoorsieningstelsels in ‘n kritieke toestand is. 
In sommige munisipaliteite is al die watervoorsie-ningstelsels as kritiek gemerk.
Slegs twee van 26 WSA’s het op hul 2014-tellings verbeter, naamlik: !Kheis LM en Gamagara LM. 
 Die drie top presterende munisipaliteite is Dawid Kruiper Munisioaliteit met 83,85%, Thembelihle met 59,52% en Tsantsebane met 56%.  Die swakste watergehalte is by Kamiesberg met 8,02%, Renosterberg met 9,2% en Emthanjeni 11.94%.
Dr. Ferrial Adam, uitvoerende bestuurder van die burger nie-winsgewende organisasie WaterCAN, het gesê, “terwyl die minister van DWS onwillig lyk om die watersituasie ‘n krisis te noem, glo WaterCAN dat dit inderdaad ‘n krisis is.”
Adam sê dat as byna die helfte van die land se “munisipaliteite nie aan drinkwaterstandaarde voldoen nie, moet  mense  nie water uit daardie stelsels drink sonder om dit te kook nie.” “Laat hulle nie mense weet dat die water besoedel is nie? Dit is sekerlik ‘n misdaad,” het sy bygevoeg.
 Hoe resultate bepaal word
Hoe hierdie resultate tot stand gekom het, was van ‘n telkaart wat gebruik is om die WSA’s en daaropvolgende voorsiening-stelsels te beoordeel gebaseer op bewyse van kapasiteitsbestuur, drinkwatergehalterisikobe-     stuur, finansiële bestuur, tegniese bestuur en voldoening aan drinkwaterkwaliteit.
As ‘n watervoorsieningstelsel ‘n Bloudruppel-telling van 95% of meer behaal, word dit as uitsonderlik beskou en word die gewaardeerde Bloudruppel-sertifisering/Sertifikaat toegeken, maar as dit minder as 31% behaal, word dit as onvoldoende en in ‘n kritieke toestand beskou – inisieer noodsaaklik regulatoriese optrede.