Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-KENHARDT: Scatec ASA se sonkrag- en batteryfasiliteit buite Kenhardt, het in Desember 2023 amptelik begin om elektrisiteit aan die nasionale netwerk te produseer en te voorsien.
Die aanleg is gebou met finansiering van ongeveer R18,65 miljard ( $1 miljard).
 Die fasiliteit spog met ‘n gekombineerde geïnstalleerde sonkragkapasiteit van 540MW vanaf drie aanlegte, terwyl sy massiewe batterystelsel tot 225MW krag kan lewer.
Met ‘n kapasiteit van 1 140 MWh kan die battery 150 MW se stuurbare krag konsekwent tussen 05:00 en 21:30 deur die jaar verskaf.


Dit is sowat 30 MW meer uitset as wat die laaste eenheid by die Komati-kragstasie gelewer het toe Eskom die 61 jaar oue aanleg in Oktober 2022 uit diens gestel het.
Die projek was een van die wêreld se eerste en grootste hibriede sonkrag- en batterybergingsfasiliteite.
“’n Hibriede sonkrag- en batterybergingsaanleg integreer sonkrag- en batterytegnologieë, wat intermitterende uitdagings oorkom en roosterstabiliteit versterk,” het Scatec gesê.
“Met die vermoë om betroubare krag te lewer in min of geen sonlig, verbeter die geïntegreerde berging algehele betroubaarheid.”
Interessante inligting oor die Scatec projek: 

* Tydens die hoogtepunt van konstruksie, was daar sowat 2 600 werkers aan diens.
* Die fasiliteit strek oor 879 hektaar en meet 10 km van noord na suid.
* Oor die 9 000 kilometer kabel is benodig, genoeg om die afstand tussen Suid-Afrika en Noorweë te dek.
* Die battery-afdeling bestaan uit 456 eenhede, elk die grootte van ‘n skeepsvraghouer en kantel die skaal op 30 ton.
* Die aanleg is Scatec se grootste projek tot nog toe.