Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Die afgelope twee weke het wyndruifprodusente in die Benede-Oranjerivierstreek begin om druiwe by Oranjerivier Wynkelders te lewer.
Vanjaar word al die druiwe by die kelders op Upington gelewer omdat dit ekonomies meer sin maak. So sê die nuwe besturende direkteur van OWK, mnr. Paul du Plessis. Hy sê sy visie vir die maatskappy is om dit meer volhoubaar vir die toekoms te maak sodat dit meer winsgewend vir die aandeelhouers sowel as die produsente kan wees. 


Daar is geen aktiwiteite meer by die kelders op Groblershoop, Grootdrink, Kanoneiland en Keimoes nie. Om op een plek te pars, maak die vaste koste goedkoper en hou die ekonomie aan die gang.  Kakamas se kelder kan weer in die toekoms gebruik word. Boere van die buite dorpe se kelders word na Upington aangery. Hulle lewer dit by hul kelders en word dan deur OWK na Upington gebring. Die boere in die Upington-omgewing, bring, soos gewoonlik, hul druiwe self na die kelders op die dorp.  
Mnr. Du Plessis sê die verwagting is dat daar hierdie jaar 33 000 ton wyndruiwe gelewer word. Twee jaar gelede is daar 80 000 ton gelewer. Oor die afgelope jare het die hektaar wyndruiwe afgeneem, daarom wil hy boere aanmoedig om weer wyndruiwe aan te plant, soos Colomard, Sauvignon blanc, Pinotage en Shiraz.
“Vir die eerste keer in baie jare is die vraag na wyn groter as die aanbod, dit beteken natuurlik dat die pryse van wyn besig is om te styg,” het hy gesê.

foto: