GEMSBOK-UPINGTON: Die Benede-Oranjerivier het die afgelope paar weke stelselmatig gestyg en het Dinsdagoggend teen 865 kumeks deur die dorp gevloei.
Die Gariepdam het die 30 ste Desember begin oorloop en Vanderkloofdam die 10 de Januarie. Die uitvloei uit Vanderkloof het die 7de Januarie begin toeneem toe al twee turbines die eerste keer kon loop en nog toegeneem toe die dam begin oorloop, het mnr. Wilco Fourie, voorsitter van die Oranjerivier Landbou-Unie gesê.
Die uitvloei uit die Vanderkloofdam het Donderdag, 18 Januarie, omtrent sy piek bereik en gaan nou weer stadig begin daal en dan ‘n tydjie konstant loop. Volgens mnr. Fourie sal die rivier vir ‘n tyd by ‘n vlak rondom 800m3/s loop.
Dam stande soos op Maandag, 22 Januarie. Gariepdam
Sondag: 101.65%
Maandag: 100.96%
Invloei: Sondag 251.36m³/s
Maandag: 237.05m³/s
Uitvloei: Sondag: 686.86m³/s
Maandag: 660.54m³/s
Van der Kloofdam
Sondag: 104.66%
Maandag: 104.39%
Invloei: Sondag: 748m³/s
Maandag: 718m³/s
Uitvloei: Sondag: 716.08m³/s
Maandag: 684.34m³/s
Vaaldam -
Sondag: 71.4%
Maandag: 71.3%
Bloemhofdam
Sondag: 94.4%
Maandag: 94.5%