Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON:  Die Upington APD en Rhodes Universiteit se CDC-span, is nou al ‘n tyd lank besig om alles reg te kry vir die goedgekeurde Prosopis-projek.
Verlede week was almal by die APD (Sentrum vir Persone met Gestremdhede) baie opgewonde, omdat die biobeheerde Agnippe (Evippe) “knope” op ‘n aantal bome vrygelaat is.  
Die plan is om insekte groot te maak en op terreine rondom die Noord-Kaap vry te laat.

‘n Span van Rhodes CDC (Sentrum vir Biologiese Beheer) het na Upington gekom met die Biobeheerde Agnippe (Evippe). 
Die Agnippe (Evippe) “versmoor”  (spin toe/knoop) basies die blare van die Prosopis-boom en so gaan die boom dan dood. 
Biologiese kontrole word so toegepas om die Prosopis-bome te beheer omdat hulle so ‘n groot inpak het op ondergrondse water. 
Die tonnel is bekyk en die span het almal wat gemoeid is met die projek, ontmoet. Daarna is die proses om die insekte te vermeerder en die vrylating daarvan met almal bespreek.
Die lede van Etsikelelo Beskermede Werks-winkel sal betrokke wees by die versorging van die bome in die tonnel, asook by die “oes” van die insekte. Die bestuurder van die projek op Upington, is mnr. Hennie le Roux.