GEMSBOK-PHILANDERSBRON: Die 3de jaarlikse Kalahari-kuns- en Erfenisfees (KAHF) vind vanaf 24 tot 27 Januarie by Philandersbron in die Kalahari plaas.
Die Kalahari is dikwels onderhewig aan mites, misterie en wankarakterisering. Deur middel van dié fees, is die inwoners van die Kalahari, die Khoi en San, besig om daardie narratief te verander.
Gedurende die voorafgaande twee feesgeleent-hede, het die fees die stories, kultuur, gebruike van die Khoi en San deur middel van sang, dans, kunsuitstallings, filmvertonings en werkswinkels vertel.
Die KAHF is 'n inisiatief van die Africa Human Rights Film Festival, wie se doel dit is om kuns te gebruik om robuuste debat te genereer, inwoners te bemagtig, bewustheid te kweek en die respek vir menseregte in gemarginaliseerde gemeenskappe te bevorder.
Die KAHF het 'n jaarlikse instelling geword waarna almal in die Kalahari uitsien, want dit bring verskeie gemeenskappe van die Noord-Kaap - Suid-Afrika, Botswana en Namibië bymekaar. So kan hulle hul talente ten toon stel deur sang, dans en ander wonderlike ervarings en inisiatiewe .
“Ons is verheug dat hierdie fees ‘n kulturele maatstaf vir die Khoi en San word,” het Helena Steenkamp, KAHF-feesdirekteur, gesê. “KAHF is nie net ’n platform om die Khoi- en San-kultuur uit te stal en te behou nie, maar ’n lewende herinnering en argief vir waar die mensdom vandaan kom,” het Steenkamp bygevoeg.
Die vierdagprogram sal bestaan uit twee dae van werkswinkels, opleiding, aktiverings en repetisies in Andriesvale en Askham op die 24ste en 25ste Januarie, om te konsolideer wat die kunstenaars oor die jare geleer het.
Die 26ste sal bestaan uit ‘n skoolprogram-uitreik, paneelbesprekings, repetisies en vreugdevuurstorievertelling in Askham.
Die 27ste word afgesluit met feesvertonings, dans, poësie, musiek, foto-uitstallings, kulturele kookkuns, taalmeester-klasse en filmvertonings in Philanderson.
Die hele program sal deelnemers van Platfontein, Loubos, Rietfontein, Mier, Andriesvale, Askham, Botswana en Namibië lok.