Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Saterdagaand, 2 Desember, vanaf 17:00 begin die groot Kers Boeremark by Upington Skougronde. 
Sowat 40 stalletjies is bespreek en die verskeidenheid is legio. Daar sal baie handgemaakte produkte te koop wees, ‘n groot verskeidenheid kossoorte en natuurlik geskenke vir Kersfees.
Maak seker u mis nie die laaste Boeremark van die jaar nie. Kersvader gaan ook sy verskyning om 19:00 maak. Ouers kan die geskenke voor 19:00 vir Marlo kom afgee en dan sal Kersvader en sy elfies die geskenke vir die kinders uitdeel. Daar is ook ‘n verskeidenheid gelukspakkies, wat in die loop van die aand uitgedeel word.


Kom kuier onder die Kalahari sterre tot 21:00 Saterdagaand. Bring jou vriende saam en kom sit en kuier heerlik onder die bome. 
Daar is ook heerlike kosstalletjies om die honger te stil, asook koeldrank en heerlike koffie vir die dors. Die perde is ‘n groot aantrekkingskrag vir die kinders.
Oud en jonk is welkom. Ingang is gratis en die Kersmark is vanaf 17:00 tot 21:00 die aand.
Die ingangshek is regoor die 8SAI.