Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-OLIFANTSHOEK: Juvan Meyer, van Olifantshoek, is op 14 Julie 2023 op 30 weke met ‘n gewig van 1,66 kg en ‘n lengte van 40,5 cm in Bloemfontein Mediclinic gebore - waar hy die eerste 137 dae van sy lewe in die NICU in Bloemfontein deurgebring het en per lugambulans oorgeplaas is na Rooi Kruis Kinderhospitaal in Rondebosch Kaapstad op die 28ste November 2023.
Hy is gebore met ‘n verlengde buik. 


Sy ouers, Conrad en Jolene Meyer , vertel:
Na skanderings en toetse het hulle gesien dat hy ‘n Meconium sist gehad het wat gevorm het nadat sy ingewande obstruksie  in hom gebars het - terwyl sy ma swanger was met hom, hy het atresie van die dunderm en obstruksie in die kolon gehad.
Hy is met sistiese fibrose gediagnoseer. 
Hy het twee beplande operasies gehad. 
Die eerste operasie op 4 Augustus het hulle die sist verwyder en ook ‘n stuk van sy dunderm wat te dun was (atresie). 
Daarna het hulle ‘n kolostomie by die dunderm geplaas en ‘n fistel op die dikderm. 
Die tweede operasie op 5 Oktober het hulle die stomasakke verwyder en die ingewande weer geheg. 
Op 8 Oktober het hy ‘n noodoperasie in die NICU gehad - omdat sy wond oopgegaan het en sy ingewande uitgekom het. 
Hy was vir ‘n rukkie op die ossillator, op die ventilator, op die CPAP, op hoëvloei suurstof en op die duopap, maar ongelukkig het sy longe platgeval - sodat hulle hom nie uit die duopap kon haal nie.
Hy is na Rooi Kruis oorgeplaas, want prof Zampoli en sy span gaan Juvan probeer help.
Hulle het hom op die CPAP geplaas vir suur-stofondersteuning en ook vir die druk om sy longe oop te hou het hulle ook ‘n NG buis geplaas om sy maag te omseil. 
Prof Zampoli het vanoggend met ons gepraat en gesê dat Juvan se maagklep nie behoorlik werk nie, sy lewer het ‘n probleem en ‘n segment van sy linkerlong is platgeval. 
Hulle gaan probeer om hom op sy eie stabiel te kry en asem te haal voor hulle die operasie vir sy maag kan doen daar is ook ‘n groot kans dat hy vir ‘n lang tyd ‘n voedingsbuis sal hê (PEG) wat hulle saam met die maag sal plaas klepchirurgie.
Ongelukkig sê hy dat babas nie gewoonlik so aangetas word deur sistiese fibrose op Juvan se ouderdom nie en dat dit ‘n eerste vir hom is dat ‘n baba wat op 30 weke gebore is so erg aangetas is. 
“Hulle wil hê ek moet saam met Juvan in Kaapstad bly, maar ek moet ook werk om met ons finansies te help. Hy het ook gesê dat hierdie proses om Juvan te help herstel nog ‘n paar maande kan neem. Ons het al die finansiële bystand nodig wat ons kan kry en ons het ook al die gebede en ondersteu-ning nodig wat ons kan kry. God het Juvan reeds tot hier beskerm en baie wonderwerke laat gebeur.,” vertel sy mamma, Jolene.
Om ‘n bydrae te lewer gaan na https://www.backabuddy.co.za/juvan-meyer of sy Facebook-opdateringsgroep: Prayers and Help for Baby Juvan
Vir privaat bankbesonderhede whatsapp sy mamma gerus op 0735657119.