Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-LOUISVALE:  Die N G gemeente Louisvale is op 10 Desember 1932 gestig met al die rivierplase suid van die Oranje met Matjiesrivier tot by Westelike grens van Grootdrink en Oostelike grens tot by Blaauwskop.
Die gemeente het eers die naam Grootrivier gehad en na die afstigting van die nuwe gemeente in 1949, is besluit om die naam te verander na Louisvale en die nuwe gemeente die naam aanneem van Grootrivier. 
In die tyd was daar ‘n geweldige toename in lidmaat getalle by die huidige Louisvale Weg met die SAD, navorsingstasie en waterwese dat daar in 1941 besluit is om ‘n saal te Louisvale Weg te bou om eredienste daar te hou. Louisvale gemeente het voorts as ‘n tweekop gemeente bestaan.


Die hoofsentrum van Louisvale gemeente is Louisvale met die kantoor en pastorie daar geleë. Die kerkgebou te Louisvale is in 1944 voltooi en dien tans steeds as die hoofsentrum van die gemeente. In 1959 is besluit om ook op Louisvale Weg ‘n kerkgebou op te rig soos dit tans nog daar uitsien.
Die gemeente Louisvale het na baie jare en ernstige gebed besluit om die Louisvale Weg kompleks te verkoop en is dit tans in die finale fases van oordrag. 
Die kerkraad wil dit graag noem dat die gemeente Louisvale nie toe maak nie en dat ons die Here vertrou dat hierdie gemeente vir nog baie jare haar roeping sal uitvoer om die draer van die Evangelie te wees. 
Die leraar, ds. Gert Barnard sê dis slegs die geboue kompleks by Louisvale Weg wat verkoop word en die gemeente bly verder presies soos dit is met Louisvale as die hoofsentrum van alle aktiwiteite. 
“Ons wil ook die vertroue uitspreek dat ons die meeste lidmate sal kan behou, al beteken dit ook dat daar in sommige gevalle verder gery sal moet word om by die kerk te kom.
Die gemeente wil op waardige wyse die laaste diens by Louisvale Weg op Sondag, 26 November 2023, hou met nagmaal. Ons nooi alle oud- lidmate en vriende van die gemeente na die geleent-heid. Na 26 November 2023 verskuif alle aktiwiteite reeds na Louisvale kompleks,” het ds Barnard gesê.
Indien daar enige vrae of onsekerhede is, is u meer as welkom om ons te kontak by 0828202863, ds Barnard.